Concord Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Concord Apartment is 'n goed ontwerpte selfsorg-enkelwoonstel wat ideaal geleë is in die hartjie van Stellenbosch se historiese middedorp, op die hoek van Kerk- en Ryneveldstraat. Dit is 'n kort entjie se stap na al die gewilde straatkafees, bistro's, top-restaurante, wynkroeë, kunsgalerye en museums van Stellenbosch en is net 'n hanetreetjie van Dorpstraat met sy pragtige ou Kaap-Hollandse blyplekkies.

Dit is die perfekte bestemming in Stellenbosch en die mooiste deel van die dorp kan te voet bereik word. Die boomryke botaniese tuine is net 3 minute se stap van die woonstel af. Daar is talle bergroetes wat net 10 minute se stap daarvandaan is en van Suid-Afrika se beste bergfiets- en voetslaanroetes. Concord Apartment is stapafstand van winkels, die Endler Ouditorium en die universiteitskampus af.

Die woonstel op die eerste verdieping is 'n oopplan-ateljeewoonstel en geskik vir 2 gaste, maar daar is slaapplek vir 1 kind op 'n slaapbank. Die slaapkamer het 'n koninggrootte-bed. Die badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is goed toegerus met 'n oond, stoof, yskas en 'n mikrogolfoond en in die sitkamer is daar 'n slaapbank en 'n platskerm-TV.

Die woonstel is op die eerste verdieping geleë en toegang word via 'n hysbak of 'n trap verkry. 'n Veilige kelderparkeerplek word voorsien.

Gaste wat 5 nagte of langer bly sal 'n gratis skoonmaak- en linneruildiens kry. Vir langtermyn (d.i. meer as 2 weke) of vir ander versoeke is skoonmaakdienste op versoek teen 'n ekstra koste beskikbaar.

WiFi is gratis in die woonstel. Vir langer verblyf van meer as 2 weke is WiFi-koopbewyse teen 'n ekstra koste beskikbaar.

Slaapplek

'n Bespreking by Concord Apartment sluit in:

1 x Koninggrootte-bed
1 x Kinderbank vir 1

Kenmerke

  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Nagportier
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Frans

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Verekombers
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Concord Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za