Kampsbaai Akkommodasie by Condo Carolina | LekkeSlaap
+16

Condo Carolina

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Eldonlaan 5A, Kampsbaai, 8001, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
  • Vanaf R3 000 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Condo Carolina in Kampsbaai bied luukse verblyf vir 'n gesin of groep vriende. Die huis spog met 'n 180°-uitsig en is naby verskeie winkels, restaurante, doendinge en besienswaardighede geleë.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers en het slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n losstaande bad en 'n instapstort. Die kamer het ook 'n glasdeur wat na 'n stoep met 'n see- en berg-uitsig lei. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n instapstort, en die derde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n aparte badkamer met 'n instapstort.

Die moderne kombuis is met 'n gasstoof, elektriese stoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, 'n Siemans-koffiemasjien, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien en tuimeldroër wat ideaal is vir gaste wat langer kuier.

Die sitarea het gemaklike sitplek, 'n TV met DStv en 'n klankstelsel. Gaste het ook toegang tot vinnige WiFi. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste waar hulle maaltye saam kan geniet.

Kuier op die balkon buite en geniet die uitsig oor Kampsbaai. Die stoep het sitplek, gas- en houtbraaigeriewe en 'n etenstafel met sitplek vir 8.

Daar is veilige parkeerplek vir 2 voertuie agter 'n sekuriteitshek.

Condo Carolina is gerieflik geleë, net 'n klein entjie se ry vanaf Kampsbaai se gewilde promenade, restaurante, wyn- en skemerkelkie-kroeë, stoepkafees en winkels wat ideaal is vir 'n lekker kuieraand. Tafelberg is ook 'n klein entjie se ry ver, en die middestad en V&A Waterfront is 10 minute se ry ver. Snorkel saam met robbe, vlerksweef vanaf Seinheuwel of Leeukop, of besoek die pikkewyne by Boulders Beach.

Slaapplek

’n Bespreking by Condo Carolina sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed

Kenmerke

Gratis WiFi

Geriewe

  • Gratis WiFi
  • WiFi

Ligging

  • Eldonlaan 5A, Kampsbaai, 8001, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 000
per nag (plek vir 6)
Vanaf R3 000
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Eldonlaan 5A, Kampsbaai, 8001, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA462ffd5c3ec4a2dc7ff2877fdd4501f896304ed2c62e28f6ee6a835ebf21c00d8658cb3752e0e1235476ef8e0ffd236ad5d2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 000  per nag (plek vir 6) 5A Eldon Lane Camps Bay 8001 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.94792 18.38323
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za