Constantia Farmhouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Constantia Farmhouse is halfpad tussen Kaapstad en Johannesburg geleë en is die ideale plek om te oornag in die stilte van die Karoo.

Die plaashuis bied verblyf in 4 gerieflike slaapkamers met slaapplek vir 13 mense in totaal. Die eerste kamer het lugversorging en 'n dubbelbed, 2 enkelbeddens en 'n bababed en en-suite badkamer. Die tweede en derde kamers het elkeen 2 enkelbeddens en die vierde kamer beskik oor 'n dubbelbed en 3 enkelbeddens asook 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad. Die huis het ook 'n derde badkamer beskikbaar met 'n bad en stort.

Die kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas, vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die leefarea het 'n knus kaggel en DStv is beskikbaar op versoek. Gaste kan lekker buite braai indien hul dit so verkies, maar etes is ook beskikbaar op versoek. Aangesien die huis op 'n plaas is, is gaste natuurlik welkom om dit te voet te verken of die natuurlike dam te gaan besoek, wat 'n absolute paradys is vir voëlkyk-entoesiaste.

Parkeerplek word in 'n motorhuis en in die skuur voorsien.

Slaapplek

'n Bespreking by Constantia Farmhouse sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 4 volwassenes en 1 kind
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
1 x Kinderbedjie

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 5 persone
3 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Verekombers
  •  Elektriese kombers
  •  Waaier

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Constantia Farmhouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 800 per nag (vir 13 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za