Constantia Vista

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Constantia Vista is hoog op 'n koppie in 'n pragtige omgewing en bied 5 vrystaande selfsorg-suites wat uitkyk oor die Constantiavallei tot by Valsbaai. Hier sal jy in luuksheid kan tuis voel met al die geriewe wat jy moontlik kan nodig kry.

Verblyf word gebied in Die Hoofhuis, The View-kothuis en 4 woonstelle. Elke woonstel het selfsorggeriewe, elektriese kombers, verwarmers en lugversorging. ADSL-internetverbinding is beskikbaar, asook ’n wynkelder met oorgenoeg voorraad.

Daar is 2 swembaddens, 1 groot sonverhitte swembad en ’n tweede privaat plonspoel. Daar is oo verskeie rietdak-lapas waarvan die gasbraaie het en 1 ’n groot houtbraai het. Die Jacuzzi buite spog met ’n uitsig.

Constantia Vista kyk uit oor woude, wingerde, berge en see en is die ideale toevlugsoord vir diegene wat van alles wil wegkom. En tog is dit net 20 minute van die middestad en 25 minute van Kaapstad Internasionale Lughawe af. Constantia is 'n luukse voorstad van Kaapstad en is geleë in 'n pragtige omgewing met volop sport-, inkopie- en restaurant-geriewe. Al die wonderlike besienswaardighede van Kaapstad en die Kaapse Wynlande is maklik van hier af bereikbaar.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Wynkelder
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Constantia Vista gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 280 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]