Conville Bed and Breakfast

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Conville B&B is 'n geskiedkundige huis wat deur Sir Herbert Baker ontwerp is en in 1908 gebou is. Dit is 800 m vanaf die oewer van die Oranjerivier en net 3 km van Aliwal-Noord af, langs die N6-roete. Ons bied die ideale akkommodasie vir gaste wat deur die dorp reis en ons plaas is die perfekte oornagplek op pad na of van die kus.

Ons het 3 goed ingerigte eenhede wat 'n gesin-suite met 2 groot skakelkamers met 'n en suite-badkamer insluit. Daar is 'n dubbelbed in die hoofslaapkamer en 2 enkelbeddens in die ander kamer wat dit ideaal maak vir 'n gesin. Ons Green Room is 'n oulike eenheid wat enige oornagreisiger sal pas. Dit het sy eie badkamer (nie en suite nie), met 'n balkon en 'n aparte ingang. Die beddens is van koper en die houtkaste is met die hand gemaak. Die bekoorlike Red Room met 'n en suite-badkamer is gemeubileer met 'n dubbelbed van koper en het matte wat die kamer lekker snoesig maak gedurende die koue winter in die Oos-Kaap.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Conville Bed And Breakfast gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false