Coogee Bay Apartment 8
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Deary-rylaan 1, Gonubie, 5247, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 350 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Coogee Bay Apartment 8 is 'n selfsorgvakansiewoonstel wat in 'n veilige kompleks in die hartjie van Gonubie geleë is. Dit is die ideale opsie vir 'n kusvakansie saam met die gesin, want dit bied nie net 'n lieflike see-uitsig nie, maar is ook 'n hanetreetjie van 'n klipperige strand af.
Dié woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n see-uitsig met 'n dubbelbed, terwyl die tweede slaapkamer 2 enkelbeddens het. Daar is 'n stort, wasbak en 'n toilet in die badkamer. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus is. Daar is ook 'n toonbank met stoele. Die kombuis lei na 'n rusbank met gemaklike sitplek en 'n TV met die volle DStv-pakket. Gratis WiFi is beskikbaar.
Buite die skuifdeure is 'n onderdakbalkon met sitplek en 'n Weber-braai wat dit die ideale plek maak om 'n skemerkelkie te geniet, terwyl gaste die see-uitsig bewonder. Veilige parkeerplek is in die kompleks beskikbaar.
Slaapplek
’n Bespreking by Coogee Bay Apartment 8 sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.9/5
Melanie Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 21
Jaar gelys 3
Ligging
- Deary-rylaan 1, Gonubie, 5247, Oos-Kaap
- Gaste dink Coogee Bay Apartment 8 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Gonubie Oos-Londen Oos-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Deary-rylaan 1, Gonubie, 5247, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom