Copacopa Lodge and Conference Centre

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Copacopa is 'n verblyfplek en konferensiesentrum met gerieflike akkommodasie en konferensiefasiliteite by Lambani, 15 km vanaf die Nasionale Krugerwildtuin se Punda Maria-hek in die Vhembe distrik van Limpopo.
Thulamela Limpopo se grootsheid en skoonheid is uniek. Dit sluit eindelose oppervlaktes van golwende inheemse bos in, gekenmerk deur die uitsonderlike vorms van die kremetartboom, wonderlike wildlewe, 'n oorvloed van voëls en baie geleenthede vir avontuur.

Met die Krugerwildtuin op ons voorstoep, word dag- en nagwildritte gereël volgens die behoefte van ons gaste. Bootritte op die Nandoni-dam, besoeke aan die Venda se besienswaardighede vir toeriste, byvoorbeeld die Fundudzi Meer, Phiphidi Waterval, Thathe Geheime Woud, Tshatshingo Kolkgate en Thulamela Argeologiese Terrein, kan ook gereël word. Luvuvhu rivier is aangrensend aan ons en baie gerieflik vir entoesiastiese hengelaars.

Akkommodasie (11 kamers in totaal) in ons chalets, Baobab House, kothuis of by ons kamp/karavaanpark word ondersteun met uitstekense diens wat "bo verwagting" is en heerlike maaltye. Ons is gasheer vir konferensies, werkwinkels, loods van produkte, troues en soortgelyke gebeure/funksies in ons wêreldgehalte konferensiesentrum of 250-sitplek lapa. Vir ontspanning is daar 'n swembad, kraalheining ("boma") en verskillende piekniekplekke. Die onmiddellike rustige bosomgewing gee aan ons besoekers 'n nuwe betekenis rakende toerisme, verblyf en konferensies.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Piekniek-middagete
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Copacopa Lodge And Conference Centre gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]