Copper beach Villa
6 gaste
3 slaapkamers
5 beds
3 badkamers
- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - 77 North Beach Road, Umdloti, 4340, KwaZulu-Natal Sien kaart
Beskrywing
Copper beach Villa is 'n pragtige selfsorgwoonstel met 'n privaat ingang. Dit is op die middelste verdieping van 'n gedeelde perseel, aan die verre noordekant van Umdloti geleë. Dit skuil teen 'n digbeboste duin en bied 'n uitsig oor die ongerepte, rotsagtige kuslyn.
Dié eenheid bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 en suite-slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die oorblywende 2 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Elke badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Elkeen van die slaapkamers het 'n see-uitsig en lugversorging. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, ketel, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware, koffie- en teemaakgeriewe en 'n toonbank met stoele toegerus is. Daar is ook 'n wasmasjien en 'n skottelgoedwasser. Die kombuis lei na 'n sitarea met gemaklike rusbanke en 'n slim-TV met die volle DStv-pakket. Gratis WiFi word voorsien.
Die leefarea lei na 'n dek met 'n asemrowende see-uitsig, buitesitplek en braaigeriewe. Hierdie verblyf het 'n omsetter wat krag aan die ligte, TV en WiFi voorsien. Hierdie verblyf is net 'n entjie se ry vanaf King Shaka Internasionale Lughawe, die strand, restaurante en die Salta Marine Walk Boutique Shopping Centre.
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Trevor Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 12
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- 77 North Beach Road, Umdloti, 4340, KwaZulu-Natal
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
77 North Beach Road, Umdloti, 4340, KwaZulu-Natal
Sien kaart- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang