Corgi Park

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 25 % af

Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 vir verblyf wat 4 nagte of langer is. Geldig vanaf 25 Feb 2019 tot 12 Des 2019.

Beskrywing

Corgi Park is 'n moderne en bekoorlike selfsorghuis in Stanford in die Wes-Kaap. Dit is die ideale bestemming vir 'n groep vriende of vir 'n gesin wat op soek is na 'n rustige wegbreek, weg van die stad se gedruis af.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers en is ten volle gemeubileerd. Elke kamer het 'n koningingrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad of net 'n stort met 'n wasbak en 'n toilet. Twee van die badkamers het verhitte handdoekrelings.

Die kombuis is ten volle toegerus vir al jou behoeftes en beskik oor 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, gasstoof en 'n elektriese-oond, asook 'n skottelgoedwasser en ingeboude kaste vir al die eetgerei en breekware.

Die oopplan-eetarea het 'n tafel met sitplek vir 8 en daar is gemaklike en netjiese banke in die sitkamer, en ook 'n TV met 'n DVD-speler. Die huis het 'n aparte studeerarea, met deure wat oopmaak na nog 'n stoep, waar gaste lekker kan afkoel in 'n soutwaterswembad.

'n Dubbelmotorhuis met outomatiese deure is beskikbaar vir 2 motors en Corgi Park is stapafstand van die rivier af, waar daar 'n plek is om bote te anker. Die perseel is naby aan verskeie winkels, restaurante, kroeë en die Salmonsdam Natuurreservaat.

Slaapplek

'n Bespreking by Corgi Park sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Dienste

  •  Koordlose Internet

Kamergeriewe

  •  Elektriese kombers
  •  Kaggel

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Corgi Park gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 700 R2 025 per nag (plek vir 6)

Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 vir verblyf wat 4 nagte of langer is. Geldig vanaf 25 Feb 2019 tot 12 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false