Corner 11 @ Cyprus Manor

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Corner 11 @ Cyprus Manor is 'n smaakvol gemeubileerde woonstel in 'n veilige kompleks in Mosselbaai. Die streek is bekend vir sy jaar-lange matige klimaat, goue strande en 'n verskeidenheid natuurlike, kulturele en geskiedkundige besienswaardighede.

Dié woonstel is op die tweede verdieping en het slaapplek vir 4 in 2 slaapkamers en spog met ‘n see- en berguitsig vanaf die balkon. Albei kamers het 'n dubbelbed en deel die gebruik van 2 badkamers met óf 'n bad óf 'n stort.

Die kombuis is goed toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, wasmasjien en 'n toonbank met sitplek. Die leefarea het 'n TV en gemaklike sitplek. Daar is 'n solderarea wat dien as 'n kuierarea en het 'n verskeidenheid boeke, bordspeletjies en 'n futon.

Verder is daar gratis WiFi sowel as parkeerplek op die perseel en toegang tot braaigeriewe.

Besienswaardighede in die omgewing sluit Botlierskop Wildreservaat, die Tuinsroete Nasionale Park, wynplase, Bothastrand en die Groot-Brakrivier Museum. Doendinge sluit visvang, duik, waterski, vlerksweef, voetslaan, voëlkyk, walsviskyk in seisoen en perdry in.

Slaapplek

'n Bespreking by Corner 11 @ Cyprus Manor sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Corner 11 @ Cyprus Manor gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za