Corner Cottage
Beskrywing
Corner Cottage is 'n selfsorg-eenheid op die eienaar se perseel in Somerset-Wes met 'n privaat ingang en 'n patio in 'n tuin.
Hierdie eenslaapkamerkothuis bied slaapplek vir 2 gaste. Die slaapkamer het lugversorging, 'n koningingrootte-bed met 'n elektriese kombers en 'n en suite-badkamer. 'n Haardroër word ook voorsien.
Die kothuis het 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetarea. Die kombuis is toegerus met 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, ketel, broodrooster en 'n mikrogolf. Die eetarea het sitplek vir 2 gaste, en die sitkamer bied gemaklike sitplek en 'n TV met sekere DStv-kanale. WiFi is ook beskikbaar.
Daar is ook 'n draagbare braaier. Veilige parkeerplek is agter 'n afstandbeheerde hek beskikbaar, Die kothuis is naby Erinvale Gholfbaan en dit is sentraal geleë vanaf verskeie wynplase in die omgewing, onder meer Lourensford, Morgenster en Vergelegen wat die naaste en oudste wynplase is.
Slaapplek
'n Bespreking by Corner Cottage sluit in:
Kenmerke
- Afrikaans
- Braaiplek
- Veilige Parkering
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
- Bergfietsroetes
- Swem
Badkamer
- En-suite
- Stort
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Geriewe
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Kamergeriewe
- Lugversorging
- Elektriese kombers
- Kluis
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Corner Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |