Cornerway House B&B

Voeg by Gunstelinge

 

Op die Nippertjie-aanbod 20 % af

Kry 20% af op alle besprekings wat 3 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Geldig vanaf 7 Aug 2019 tot 30 Aug 2019.

Beskrywing

Cornerway House B&B is in 'n woonbuurt in Plettenbergbaai geleë. Dis net 7 minute se stap van die beroemde goue strande van Robberg met Blouvlagstatus af. Die huis is vol karakter en bekoring en is versier in 'n koloniale styl.

In die somer word 'n volledige Engelse of Kontinentale ontbyt op die onderdakstoep bedien en bied 'n uitsig oor die swembad. Gedurende die winter kan gaste ontbyt by 'n knetterende kaggelvuur in die eetkamer geniet. Dié huis is troeteldiervriendelik en kinders is welkom indien dit vooraf gereël is.

Die en suite-dubbelkamers beskik oor 'n TV, yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe met 'n koffiedompelpot. Elke kamer is versier om 'n ander aspek van die tuin te weerspieël. Al die kamers het hul eie ingange en daar is veilige parkeerplek van die straat af beskikbaar. Daar is goeie geriewe vir rolstoelgaste met 'n ruim badkamer.

Die gerieflike, moderne en aanpasbare selfsorg-eenheid bied 'n verskeidenheid opsies. Die eenslaapkamer-suite het 'n kombuis en privaat buite-area wat op sy eie gehuur kan word of saam met 2 ekstra kamers. Dit is en suite en het 'n ingang vanaf die klein binnehof. Die eenheid kan bespreek word met ontbyt onder by die Cornerway Hoofhuis of op 'n volledige selfsorg-basis.

Plettenbergbaai is ideaal geleë op die Tuinroete van die Wes-Kaap en is halfpad tussen Knysna en Tsitsikamma. In hierdie omgewing vind al die vernaamste doendinge plaas, insluitend 26 km van pragtige strande, voetslaanroetes, olifant-, apie-, voël- en wildparke, gholfbane en walvis- en dolfynkyk.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Frans

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cornerway House B&B gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 R960 per nag (vir 2 mense)

Kry 20% af op alle besprekings wat 3 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Geldig vanaf 7 Aug 2019 tot 30 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false