Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Cosmos Houthuis

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 459 Cosmos, Leeupoort Vakansiedorp, Thabazimbi, 0486, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R970 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Cosmos Houthuis is 'n gerieflike selfsorgvakansiehuis in die malariavrye Leeupoort Vakansiedorp langs die R516 sowat 77 km van Bela-Bela en 60 km van Thabazimbi af in die hartjie van Limpopo. Leeupoort is ook net 115 km van Brits en 179 km van Pretoria af. Dit is glad nie vreemd om sebras, wildebeeste, bokke, impalas, vlakvarke, njalas en koedoes rondom die eenheid te gewaar nie.

Die eenheid het lugversorging en slaapplek vir 'n gesin van 4. Dit beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n stapelbed. Daar is 'n bad, wasbak en 'n toilet in die badkamer en gaste moet asb. hul eie handdoeke en beddegoed saambring.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus. Die kombuis lei na 'n eetarea en 'n sitarea met gemaklike sitplek. WiFi is ook beskikbaar. Die perseel het 2 onderdakparkeerplekke en 'n bomabraai. Gaste kan in Leeupoort se gemeenskaplike swembad afkoel.

Die vakansiedorp bied aktiwiteite soos wildkyk, voëlkyk, fietsry, draf of stap tussen 'n verskeidenheid inheemse boomspesies. Besoekers het toegang tot die natuurreservaat waar gaste kan stap, fietsry en die area per voertuig verken.

Slaapplek

’n Bespreking by Cosmos Houthuis sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Stapelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xStapelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete
  • Middagete
  • Piekniek-middagete
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Mastercard
  • Kontant

Badkamer

  • Bad

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Elektriese kombers
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 8 resensies vir Cosmos Houthuis
Netheid
5.0/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.8/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Marius Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 8

Jaar gelys 2

Ligging

  • 459 Cosmos, Leeupoort Vakansiedorp, Thabazimbi, 0486, Limpopo
  • Gaste dink Cosmos Houthuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R970
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R970
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 459 Cosmos, Leeupoort Vakansiedorp, Thabazimbi, 0486, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA94a460ce80ea4dbe4345001d26024eb3a6a9a200d539e298bd1e9685a95c10151fa335162c84ddea5b75ecbd74dfac709e1f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R970 per nag (plek vir 4) 8 5 1 5 459 Cosmos Leeupoort Vakansiedorp 0486 Limpopo 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -24.921409403395 27.641521818108
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem