Erasmuskloof Akkommodasie by Cosy Cottage | LekkeSlaap
+53

Cosy Cottage

  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Augrabies-straat 13, Erasmuskloof, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R730 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Cosy Cottage is 'n gerieflike selfsorgwoonstel, 'n versteekte juweel en 'n pragtige, gasvrye en gesellige toevlugsoord wat in alle gaste se behoeftes sal voorsien. Dit is op 'n heuwel geleë en het 'n baie veilige, sentrale en afgebakende ligging in Constantia Glen Security Village in Erasmuskloof, Pretoria-Oos en bied gerieflike selfsorg-verblyf in 'n kothuis en dakwoonstel.

Die kothuis het plek vir 2 mense en het 2 enkelbeddens. Op versoek kan daar voorsiening gemaak word vir 'n kind. Die badkamer is toegerus met 'n stort-oor-bad, en daar is 'n oopplan-kombuisie met 'n yskassie, mikrogolf, elektriese braaipan, draagbare induksieplaat, pan, pot, ketel, breekware, koffie- en teemaakgeriewe en 'n waaier. Elektriese komberse word in die winter voorsien. Daar is ook 'n eetkamertafel en 'n platskerm-TV met DStv. Gratis WiFi is beskikbaar. Op versoek kan daar voorsiening gemaak word vir wasgoed. Die losstaande kothuis bied privaatheid en het sy eie toegang na die hoofhek. Neem asseblief kennis dat die kothuis nie 'n lugversorger het nie, maar slegs 'n waaier.

Die dakwoonstel is op die boonste verdieping van die dubbelverdiepinghuis. Trappe vanaf jou eie motorhuis lei na hierdie einste gedeelte van die eenheid. Dit bied slaapplek aan 'n gesin van 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 2 enkelbeddens, lugversorging en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is 'n ekstra enkelbed in die leefarea en 'n ekstra matras met beddegoed kan vir 'n kind voorsien word. Die oopplan-sitkamer en -eetkamer het 'n etenstafel, 'n platskerm-TV met DStv en gratis WiFi. Verder spog dit ook met nog 'n glasagtige leefarea met 'n pragtige uitsig. Die kombuis is volledig toegerus met 'n ketel, koffie- en teemaakgeriewe, 'n yskassie, draagbare induksiestoof, staalpotte en -panne, 'n mikrogolf, eetgerei en breekware. Die dakwoonstel het 'n lugversorger in die slaapkamer en dakwaaiers regdeur die eenheid. 'n Minimum verblyftydperk van 2 nagte word vereis vir die dakwoonstel.

Cosy Cottage is gerieflik naby Kloof-hospitaal (1,4 km) en Menlyn Park Winkelsentrum. 'n Woolworths Food, 'n vulstasie, Clicks, 'n baie gewilde slaghuis, Coco's vir 'n heerlike ontbyt en verskeie ander winkels is net 500 m van die kothuis af. Pretoria-Oos-, Fairy Glen- en Wilgers-hospitaal is ook net 'n kort entjie hiervandaan. O.R. Tambo Internasionale Lughawe is net sowat 25 minute se ry van die Cosy Cottage af. Die eenheid is ongelukkig nie rolstoelvriendelik nie.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 66 resensies vir Cosy Cottage
Netheid
4.9/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Augrabies-straat 13, Erasmuskloof, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Gaste dink Cosy Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R730
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R730
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Augrabies-straat 13, Erasmuskloof, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdMALHr8iTvW5DJVw0aEWTYg2zWSGmkAgo3ELNQijAoS9ZiBEvU?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R730  per nag (vir 2 persone) 66 5 1 5 13 Augrabies Street Erasmuskloof 0181 Gauteng 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -25.814088632902 28.27100417791
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za