Cottage David @ Surf Spray
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Kusweg 21, Marina Beach, 5281, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R850 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Cottage David @ Surf Spray is in Southbroom, Marina Beach geleë. Dié kothuis het 'n lieflike see-uitsig en word omring deur inheemse plantegroei. Dis net sowat 50 m van die strand af. Die stoep en slaapkamer het 'n see-uitsig. Dis ideaal vir 'n gesin met kinders en is ook troeteldiervriendelik. Dis ook stapafstand van visvangplekke af.
Cottage David het slaapplek vir 4 en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en lei na 'n balkon. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Albei kamers het klerekaste en linne en handdoeke word voorsien. Bring net eie strandhanddoeke saam.
Die oopplan-kombuis en -sitkamer lei na 'n stoep met 'n uitsig oor die tuin en 'n panoramiese uitsig oor die see. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, stoof, skottelgoedwasser, oond, ketel, eetgerei en breekware.
Die sitkamer het 'n TV met OpenView-kanale en 'n DVD-speler. Bring eie DStv-dekodeerder, -slimkaart, -afstandbeheer en -kabels saam.
Daar is ook 'n veilige toesluit-motorhuis en 24 uur-sekuriteit. 'n Skoonmaak- en wasgoeddiens kan op versoek teen ekstra koste gereël word.
Marina Beach is ongerep en het Blouvlagstatus. Gholf kan by San Lameer en Southbroom se gholfbane gespeel word.
Slaapplek
’n Bespreking by Cottage David @ Surf Spray sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Rolstoelvriendelik
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- DVD-speler
- Televisie
- Videospeler
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
Opsomming van Resensie
Ligging
- Kusweg 21, Marina Beach, 5281, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Cottage David @ Surf Spray het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Marina Beach Southbroom Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Kusweg 21, Marina Beach, 5281, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom