Cottage on the Hill

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 33 % af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Geldig vanaf 15 Aug 2019 tot 31 Aug 2019.

Beskrywing

Cottage on the Hill is 'n luukse, 5 ster-gastehuis in St. Francisbaai langs die Tuinroete wat gehalteverblyf aan sakereisigers, vakansiegangers en oornaggaste bied. Die gastehuis is hoog geleë en bied 'n pragtige uitsig oor die baai, op die berge en oor die dorp. Dit is naby die hoofstrand, dorp en gholfbaan.

Die ruim, stylvolle executive-kamers en pragtige kothuis het Persiese tapyte en oorspronklike olieverfskilderye.

Die kamers het elk 'n privaat ingang, 'n see-uitsig, perkalkatoenlinne en 'n klomp bederfies om gaste welkom te laat voel.

'n Heerlike ontbyt word in die Bay-ontbytkamer bedien, maar daar is ook 'n selfsorg-opsie.

Gaste kan op die privaat dek sonbaai met 'n uitsig oor die natuurlike rotspoel en waterval, of aan 'n skemerkelkie teug en die laaste sonstrale van die dag gadeslaan. Daar is 'n klomp voëlspesies in die fynbostuin en gaste kan selfs 'n muishond of fisant gewaar.

Die gastehuis is op 'n 2000 m²-perseel en gaste kan kies tussen die hoofhuis, waar ontbyt bedien word, die Tarentaalkothuis, die Fisantsuite, die Muishondsuite en die Uilhuis.

Die Fisantsuite het 'n koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n Victoriaanse bad, toilet en 'n wasbak en daar is 'n sitarea en 'n privaat dek met 'n see-uitsig.

Die Muishondsuite is 'n selfsorgsuite en het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, Victoriaanse bad, toilet en 'n wasbak. Die eenheid het 'n oopplan-leefarea met 'n enkelbed en 'n kombuis wat ten volle toegerus is. Dit bied toegang tot 'n toegeboude stoep met 'n ingeboude braai. Die eenheid het ook 'n TV met DStv en 'n eetarea.

Die Tarentaalkothuis is 'n vrystaande eenheid met 'n plafonwaaier, 'n koningingrootte-bed in die slaapkamer en 'n bad, toilet en 'n wasbak in die en suite-badkamer. Die balkon bied 'n see-uitsig en op die onderste verdieping is daar 'n stort, toilet, wasbak, kombuisie, sitarea, TV met DStv en skuifdeure wat toegang bied tot 'n stoep met 'n toegeboude boma.

Uilhuis is in die gastelodge en het 'n koningingrootte-bed en 'n oorkantste badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak, asook 'n gastetoilet. Die eenheid het 'n privaat ingang en lei na 'n stoep in 'n inheemse tuin. Daar is 'n dek met leunstoele waar gaste die uitsig kan geniet.

Uilhuis het ook gratis WiFi en 'n TV met DStv. Daar is tee- en koffiemaakgeriewe, 'n yskassie en 'n sitarea.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cottage On The Hill gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 400 R933 per nag (vir 2 mense)

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Geldig vanaf 15 Aug 2019 tot 31 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false