Courchevel Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Courchevel Cottage se selfsorg-akkommodasie is hoog teen die hange van die Franschhoekberge op 'n privaat en veilige wynlandgoed tussen die wingerde. Dit is net 'n paar minute van Franschhoek se middedorp af en kyk uit oor die vallei met asemrowende uitsigte.

Akkommodasie word aangebied in 4 kothuise met 2 slaapkamers en 1 kothuis met 1 slaapkamer. Elke kothuis is volledig toegerus met 'n enkelbed, koninggrootte-bed of koningingrootte-bed, en suite-badkamer en oopplan-kombuis. Al die kothuise het ongelooflike uitsigte oor die Franschhoekberge en die vallei wat die kothuise 'n fantastiese en romantiese wegbreekplek maak.

Die landgoed is naby verskeie doendinge soos wynproe op een van die verskeie wêreldklas-wynlandgoedere, fietsry of forelvang om maar 'n paar te noem. Franschhoek spog met wêreldklas-restaurante en eetplekke met 'n wye verskeidenheid geregte om enige palet te pas.

Verskeie feeste word jaarliks hier gehou, soos die Franschhoek Kaas- en Wynfees, Champagne-fees, Bastille-fees ter ere van die dorp se Franse erfenis en verskeie ander gebeure wat regdeur die jaar plaasvind. Vir diegene op soek na rustige plaasverblyf tussen die berge en perde is Courchevel ideaal!

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Forelhengel
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Courchevel Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 800 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za