Ballito Akkommodasie by Couta Cottage | LekkeSlaap
+23

Couta Cottage

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ashley-weg 4, Ballito, Dolfynkus, 4420, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 500 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Couta Cottage is in die gewilde kusdorp, Ballito, aan die Dolfynkus geleë. Ballito skuil in uitgestrekte suikerrietplantasies, KwaZulu-Natal se bekende groengoud, en word aan albei kante deur die warm water van die Indiese Oseaan omring.

Die huis het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en 'n -leefarea. Die ruim hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n skuifdeur wat na die dek lei. Die tweede slaapkamer het 2 dubbelbeddens en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Albei badkamers het 'n instapstort, toilet en 'n wasbak. Die tweede badkamer het ook 'n bad. Badhanddoeke, sjampoe en seep word voorsien.

Die moderne kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, dubbeldeur-yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware. Die eetarea het sitplek vir 8 gaste en die sitarea het sitkamerstel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale.

Die leefarea bied toegang tot die stoep met braaigeriewe deur die stapeldeure.

Die perseel word deur 'n afstandbeheerhek betree en het 'n enkelmotorhuis met 'n afstandbeheerdeur.

Slaapplek

’n Bespreking by Couta Cottage sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 4 persone
2 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Ashley-weg 4, Ballito, Dolfynkus, 4420, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 8)
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ashley-weg 4, Ballito, Dolfynkus, 4420, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAx197jnX7sLn8yDhRWQ7LHZWAZwtyqoQ3kvuOgouhvsit02mgbJ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 500  per nag (plek vir 8) 4 Ashley Road Ballito 4420 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -29.53851 31.21333
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za