Cozy Moon

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Cozy Moon bied heerlike, gerieflike selfsorgverblyf in die dorpie Belfast in Mpumalanga, net 34 vanaf Dullstroom, die toegangspoort tot die Laeveld.

Hierdie veilige selfsorg-eenheid bestaan uit 'n slaapkamer met 'n en suite-badkamer en 'n oopplan-sitkamer/eetkamer/kombuisie. Daar is 'n dubbelbed in die slaapkamer en die badkamer is toegerus met 'n bad en 'n stort. Die kombuisie het 'n yskassie, ketel, broodrooster, oondjie en stoof. Die eetarea het sitplek vir 2 persone en daar is 'n TV met DStv. Verder is daar 'n kluis en gaste het toegang tot onderdak-parkeerplek, braaigeriewe en WiFi.

Balfast is Suid-Afrika se verskuilde juweel en is ook een van die koudste plekke in die land, maar die dorp se warm atmosfeer maak op daarvoor. Die dorp is veral gewild onder natuurliefhebbers. Daar is baie staproetes en legio visvangplekke - rivier, stroompies en damme wat wemel van vis. Besienswaardighede en doendinge in die omgewing: Berg-en-Dal Monument, kunsvlieghengel, Dullstroom Natuurreservaat, Long Tom Pas, Rocky Drift Nature Reserve, Sterkspruit Natuurreservaat en Steenkampsberg Pas

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cozy Moon gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 per nag (plek vir 3)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false