Wes-Rand Akkommodasie by Cradle Boutique Hotel | LekkeSlaap
+17

Cradle Boutique Hotel

  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Cradle Natuurreservaat, Roete T9, Kromdraaipad (R540), Wieg van die Mensdom, 1748, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 280 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Cradle Boutique Hotel bied B&B-verblyf in die Cradle Natuurreservaat sowat 10 kilometer van Lanseria Internasionale Lughawe af. Die hotel is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n gerieflike sakewegbreek of luilekker vakansie.

Verblyf word aangebied in 8 hout- en grasdak-suites wat almal soortgelyk dog smaakvol versier is. Hierdie suites het elkeen 2 driekwartbeddens of 'n koninggrootte-bed, en 'n en suite-badkamer. Al die kamers het privaat uitkykdekke met uitsigte oor die skilderagtige landskappe. Elke suite beskik ook oor lugversorging, gratis WiFi, 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n skootrekenaarkluis, yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe.

Ontbyt en ander heerlike maaltye word by Cradle Restaurant voorgesit waar gaste ook drankies by die kroegarea kan drink. Die hotel het ook 'n vol wynkelder, swembad, gemeenskaplike braai-areas en 'n sitkamer wat gaste kan benut. Vir sakereisigers het die hotel 'n venue met sitplek vir 220 asook kleiner konferensiekamers. Spyseniering vir troues en sosiale geleenthede kan ook gereël word.

Cradle Boutique Hotel het die ideale ligging om die omliggende besienswaardighede, soos die 2 terreine in die Wieg van die Mensdom, en ander plekke van belang te besoek. Gaste kan ook privaat begeleide safari's onderneem na 2 van die vernaamste fossiel-terreine naamlik Gladysvale en Malapa. Begeleide wildritte en wandelinge kan ook gedoen word.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Portier
  • Gastesitkamer
  • Malaria-vrye streek
  • Nagportier
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Wynkelder
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Engels
  • Zoeloe
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Piekniek-middagete
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Dataprojektor
  • DVD-speler
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Skootrekenaar-projektor
  • Kantoorgeriewe
  • Rekenaar Netwerklewering
  • Internet
  • Skuifie-projektor
  • Videospeler
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 1 resensie vir Cradle Boutique Hotel
Netheid
5.0/5
Diens
4.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Cradle Natuurreservaat, Roete T9, Kromdraaipad (R540), Wieg van die Mensdom, 1748, Gauteng
  • Gaste dink Cradle Boutique Hotel het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Wes-Rand Gauteng
Vanaf R3 280
per nag (plek vir 2)
Vanaf R3 280
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Cradle Natuurreservaat, Roete T9, Kromdraaipad (R540), Wieg van die Mensdom, 1748, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGRlZDBiNzQwLTI3MDAtNDE5NS04MTBmLTUwNDk0YWNkN2ZmYw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 280  per nag (plek vir 2) 1 5 1 5 Cradle Nature Reserve Route T9, Kromdraai Road (R540) 1748 Gauteng 086 999 0018 14:00-22:00 11:00 -25.921353487966 27.850651592016
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za