Craighall House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Craighall House, Sandton.

Met aankoms sal ons tuin jou omvou met sy uitspattige kleure, guere en pragtige blomme. Ons het 'n goed versorgde roostuin, skaduryke eikehoutbome en groen struike. Kom geniet die warm sonning stope tydens die winter of krul voor die kaggel tydens die koue wintermaande. Craighall House is 'n klein, privaat besitte gastehuis sentraal gelee naby Sandton, Rosebank, Melrose Arch en dis baie naby aan Randburg en die JHB stadskern. Ons personeel sal jou met ope arms ontvang en dadelik welkom laat voel. Die individuele en-suite kamers is onlangs opgeknap en is pragtige en gemaklik versiet met aandag aan elke detail.

Wat maak ons anders?

Ons personeel sal daarna streef om jou tyd by ons so gemaklik as moontlik te maak. Met vertrek sal jy weer en weer wil terugkom. Ons fokus om vir die gesoute reisiger 'n plek te bied om af te skakel, te onstpan en weg te breek van die gejaag van die stad. Ons gereelde gas sluit in die oorsee reisiger wat oornag oppad na of terug van 'n Safari, alleen-reisigers, pasiente wat kom herstel en herlaai, besigheidspersone of konsultante wat verlengde periodes bly. Baie van ons gaste kies om hier te bly wanneer hule funksies by Hackle Brook of die Sandton Konferensie Sentrum het. Ons het gratis en vinnige internet beskikbaar in al die kamers. Alle kamers het platskerm TV, DSTV en ingeboude DVD-speler. Daar is ook 'n verskeidenheid DVD's beskikbaai in ons biblioteek vir gaste.

Kamers

Ons 6 uniek-versierde en-suite dubbelkamers het 'n bad, stort en eie tuin-ingang vanaf die stoep. Al die kamers het 'n klein kombuisie vir selfsorg doeleindes, met mikrogolfoond, yskas, plate en eetgerei vir 2 persone. Veilige parkering af van die straat beskikbaar vir alle gaste. Alle kamers het: platskerm TV, DSTV, ingeboude DVD-speler. Daar is gratis WiFi, tee skinkbord, haardroeer, japonne, waaier en ondervloerse verhitting.

Fasiliteite:

Gratis en vinnige WiFi in alle kamers en die stoep. Ons weet ons gaste is haastig dus bied ons ook 'n haar en skoonheids salon op die perseel met aangepaste besigheidsure. Ons vars koffie winkel bied heerlike tee, koffie, koeke, ligte ontbyte en middag-etes. Ons is ook so ingerig dat persoonlike persoon-tot-persoon vergadrings op die stoep of in die tuin kan geskiet.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Craighall House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 300 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za