Crawfords Croft

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Crawfords Croft bied 2 selfsorg-eenhede in Stilbaai wat net 'n entjie vanaf die strand is. Dit bied toegang tot die rivier, hawe en Skulpiesbaai Natuurreservaat, wat spog met skilderagtige staproetes deur die Melkhoutbos.

Elke eenheid het 'n aparte ingang en slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders. Die 2 eenhede kan ook saam bespreek word vir 'n groter groep. Elke woonstel bied 'n aparte slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Vars beddegoed word voorsien. Gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring. Die oopplan-leefarea met 'n kombuisie het 'n stapelbed wat geskik is vir kinders. Daar is 'n babakot beskikbaar vir kinders. Die kombuisie is met 'n mikrogolf, braaipan, broodrooster, elektriese eierkoker, 'n ketel, eetgerei, breekware en vadoeke toegerus.

Parkeerplek is langs die hoofhuis op die perseel beskikbaar. WiFi en braaigeriewe is beskikbaar indien vooraf gereël. DStv Premium is in albei woonstelle beskikbaar. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie en rook is verbode.

Stilbaai is die perfekte vakansiebestemming met pragtige, uitgestrekte strande wat die baai op beide kante begrens. Lappiesbaai, die hoofstrand aan die oostekant van Stilbaai, het Blouvlagstatus.

Doendinge in die area sluit in: swem, kanovaart, branderplank-ski, visvang, gholf, tennis, berg- en padfietsry, rolbal en 'n buitelug-gimnasium op die strand. Gaste kan ook in Stilbaai bier- en gin-proe.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem
  •  Tennis

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Crawfords Croft gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za