Umhlanga Akkommodasie by Crooked Tree Cottage | LekkeSlaap
+41

Crooked Tree Cottage

  • Kapasiteit: 17 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hilken-rylaan 39, Umhlanga, Durban, 4319, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R990 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Op soek na verblyf in Umhlanga? Crooked Tree Cottage bied lieflike, B&B- en selfsorgverblyf in die hartjie van Umhlanga, KwaZulu-Natal, een van die gewildste toeristebestemmings in die land! Crooked tree is net 'n klipgooi van Umhlanga Village en sy goue strande af.

Ons het 1 drieslaapkamerkothuis en 3 Deluxe suites wat meeste van die jaar vir B&B-verblyf beskikbaar is. Die kothuise en die ateljees is egter ook beskikbaar vir selfsorgverblyf. Die kothuis het plek vir 7 persone op die meeste en elke ateljee het plek vir 2 persone wat deel (eenheid 4 het ekstra plek vir 2 kindertjies). Van die geriewe: lugversorging, koffie- en teemaakgeriewe, haardroërs, TV's, DStv (sekere kanale), WiFi, yskassies, mikrogolfoonde, tweeplaatstofies en 'n braaier op versoek.

Die kothuis is smaakvol versier en het 'n goed toegeruste kombuis en 'n ruim eetkamer/sitkamer wat lei na 'n seekantbalkon. Die dek-area het sitplek by die ingang na die kothuis en braaigeriewe is op versoek beskikbaar.

Crooked Tree Cottage kry sy naam by die inheemse bome wat skadu gooi oor die kothuis en ander gedeeltes van die tuin. Hierdie bome floreer in KwaZulu-Natal se subtropiese klimaat en bied welkome skaduwee in die somer. In die winter verloor die bome hul blare en is die uitsig nog mooier! Die see-uitsigte van die balkonne af is absoluut asemrowend en die voëllewe is volop. Blouapies kom klop daagliks by ons aan en ooievaars sit rustig op die takke.

Gateway Theatre of Shopping is net 2 minute se ry van Crooked Tree af en Durban se SSG en die Internasionale Konferensiesentrum is net 15 minute van ons af. Umhlanga se nuwe SSG en La Lucia is op jou drumpel. En Crooked Tree bied ook baie maklike toegang tot die M4 en die N2 vir toegang tot die res van KwaZulu-Natal in 'n japtrap.

Ideale akkommodasie vir vakansiegangers en sakelui!

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 11 resensies vir Crooked Tree Cottage
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Hilken-rylaan 39, Umhlanga, Durban, 4319, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Crooked Tree Cottage het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R990
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R990
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 17 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hilken-rylaan 39, Umhlanga, Durban, 4319, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDUxYzEyYWMyLTQzZmQtNGExNS1hOGYwLTNlNGZmYjI5OTYxMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R990  per nag (vir 2 persone) 11 5 1 5 39 Hilken Drive Umhlanga 4319 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-23:00 10:00 -29.722970643719 31.080923080444
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za