Crystal Barn Country Estate

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Crystal Barn Country Estate is 'n onvergeetlike wegbreekplek vir gesinne of paartjies. Die plaas is op 49 hektaar van ongerepte plattelandse grond geleë, met golwende grasperke en eeue-oue rye bome wat uitkyk oor die groot en pragtige Rowe-dam.

Akkommodasie beskik oor 8 en suite-dubbelkamers, 'n gesinskamer, 'n luukse suite vir 'n paartjie en 'n solderkamer met 2 enkelbeddens. Elke kamer het 'n en suite-badkamer en geriewe wat gemaklike korttermyn-verblyf gaan verseker.

Die restaurant is versier met eklektiese kleure, versamelstukke en bekoorlike dekor. Ons sjef, Scott Bain, maak heerlike kos en gaste sal meer as tevrede wees met sy lieflike ontbyt en middagete asook die viergang-aandete. 'n Volledige dranklys is beskikbaar in ons kroeg, The Legless, wat deel uitmaak van die restaurant in 'n aparte kroegkamer waar gaste naweeksportwedstryde kan kyk terwyl hul peuselhappies en boetiekbier geniet. Indien jy 'n meer beskutte Franse atmosfeer verkies, kan jy altyd jouself tuismaak in ons buitenste binnehof. Daar is kafeestyl-sitplek in 'n rustige tuin. Dit is die perfekte plekkie om jou maaltyd te geniet en net lekker te ontspan met 'n glasie wyn in die hand.

Die trou-venue pronk majestueus op die rand van 'n prentjiemooi dam. Die venue het paleisagtige Indiese deure, antieke kolomme en vensters met houtsneewerk. Dit is versier met 22 antieke kristalkandelare in verskillende kleure en ontwerpe. 'n Allermooiste houtdek kyk uit oor die dam waar die uitsig jou asem sal wegslaan. Dit is die heel beste plek om te kyk hoe die son agter die horison wegsak.

Crystal Barn Country Estate beloof uitmuntende diens, heerlike maaltye en 'n plek om te ontspan saam met vriende en familie, terwyl jy 'n verskeidenheid doendinge geniet of net ontspan terwyl jy 'n boek lees en luister hoe die visarend bo jou roep.

Kenmerke

  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Zoeloe

Konferensie geriewe

  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  Internet
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Crystal Barn Country Estate gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 440 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za