Crystal Waters

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Crystal Waters is in die Britannia Reef in die kusdorpie Britanniabaai geleë. Die kothuis is 400 m vanaf die Golden Mile-strand waar gaste verskeie watersport kan geniet.

Dié vakansiekothuis beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Elke slaapkamer het 'n dubbel- of koningingrootte-bed. Albei badkamers het storte, wasbakke en toilette. Geen handdoeke word voorsien.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, asook 'n ontbythoekie.

Die leefarea het 'n sitkamerstel met 'n koffietafel en 'n TV met 'n DStv-koppelpunt. Gaste moet asb. hul eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saambring.

Daar is ook 'n patio voor die kothuis met braaigeriewe. Die kothuis het 'n alarmstelsel en diefwering voor die vensters.

'n Minimum verblyf van 2 nagte word vereis.

Kinders vanaf 2 jaar betaal die volwasse tarief.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Crystal Waters gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 850 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]