Cummings Gastehuis

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Cummings B&B is 'n sjarmante gastehuis in die rustige dorpie, Wellington, wat deur berge en wingerde omring word. Ons bied 12 kamers met slaapplek vir altesaam 24 gaste.

Die 6 B&B-kamers het lugversorging en 'n en suite-badkamers met dubbelbeddens of enkelbeddens. Ons sakpas-ontbyt word in die eetkamer bedien, terwyl middagetepakkies en aandete op versoek beskikbaar is. 'n Paar van die geriewe wat ons verder aanbied is 'n swembad, yskassies, DStv (hotelpakket) en WiFi. Mattie en die bestuurder se vriendelike en persoonlike aandag skep 'n onvergeetlike wegbreek waar jy net so tuis sal voel soos by jou eie huis.

Wellington is die ideale basies vanwaar jy die wyn-, natuur- en historiese roetes van Wellington, Paarl, Franschhoek, Stellenbosch, Tulbagh, Swartland en Darling kan verken. Die Kaapstad Internasionale Lughawe is slegs 50 minute van ons af.

Cummings Guesthouse het al vir 'n verskeidenheid van ons gaste 'n tuiste weg van die huis geword. Van gewone reisigers en toeriste tot 'n verskeidenheid van bekende kunstenaars soos Juanita Claassen, Coenie de Villiers, Patricia Lewis, Olie Viljoen, Pieter Koen, Pasella se eie Paul en Binnelanders se dokter Hein, net om 'n paar te noem.

Ons is die trotse borge van ons dorp se teater, Bordienghuis se kunstenaars.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cummings Gastehuis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R995 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za