Cyara

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Cyara is 'n selfsorgvakansiehuis met 3 slaapkamers in Clarence-rylaan in die Kogelberg Biosfeer. Dis langs die Walvisroete, een van die mooiste roetes in die wêreld! Gaste kan ontspan in hierdie fynbos-koninkryk met 'n 180°-uitsig op die berg en oor die see. Alle nodige geriewe is tot gaste se beskikking.

Die eienaars woon in 'n woonstelletjie op die perseel en ag gaste se privaatheid net so belangrik soos hul eie. Hulle is egter altyd beskikbaar om te help.

Die slaapkamer op die onderste verdieping is toeganklik vir gestremdes of bejaardes, en het 1 enkelbed en 'n badkamer met 'n bad, stort en 'n wasbak. Daar is ook 'n aparte toilet. Op die boonste verdieping is die hoofslaapkamer met 1 dubbelbed en die derde slaapkamer met 1 enkelbed. Albei kamers op die eerste verdieping lei na die toegeboude balkon met 'n asemrowende, onbelemmerde uitsig oor die see oorkant die pad. Daar is 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet op hierdie verdieping.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n vierplaatstoof, 'n oond, yskas, vrieskas, mikrogolfoond, strykyster en -plank, ketel, broodrooster, 'n menger, breekware en eetgerei. Die oopplan-sitkamer en -eetarea het 'n eetkamerstel vir 8 gaste. Daar is oorgenoeg sitplek om saam met vriende en familie rondom die groot ingeboude braai te kuier. Weens brandgevaar in die fynbos-omgewing word buite-braaie sterk afgeraai. Daar is 'n DStv-koppelpunt, maar gaste moet hul eie HD- of Explora-dekodeerder en slimkaart saambring. Beperkte, gratis WiFi is beskikbaar.

Beddegoed word voorsien, maar handdoeke word slegs voorsien aan gaste wat 5 nagte of langer vertoef. Dié handdoeke mag egter nie op die strand gebruik word nie.

Daar is skaduparkeerplek vir 1 voertuig. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Gaste wat 5 nagte of langer bly, word toegelaat om tot 4 dagbesoekers te ontvang.

Cyara is teen die kus en kyk uit oor die pragtige De Wetsbaai. Op 'n helder dag kan gaste selfs die hele kuslyn van Stony Point af tot by Hermanus en Gansbaai sien. Die Kaap, wynlande, Overberg en talle van die Wes-Kaap se mooiste besienswaardighede is minder as 'n uur se ry ver. Bettysbaai se hoofstrand en Kleinmond se Blouvlagstrand, Sandown-strand, is minder as 8 minute se ry van die verblyf af.

Slaapplek

'n Bespreking by Cyara sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cyara gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za