D3 Sea Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

D3 Sea Lodge het private, direkte toegang tot die hoofswemstrand in Umhlanga Rocks.

D3 Sea Lodge het 3 dubbelslaapkamers en die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer. Verder is daar 2 volledige badkamers en toilette. Die woonstel het slaapplek vir 6 mense. Daar is 'n koninggrootte-bed in die hoofslaapkamer en die tweede slaapkamer (wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word) en 2 enkelbeddens in die derde slaapkamer. Gehalte-linne en badhanddoeke word voorsien. Skuifdeure lei van die sit- en eetkamer af na 'n private patio en tuin. Die tweede slaapkamer het see-uitsigte van die balkon af.

Die dupleks woonstel het selfsorggeriewe en daar is 'n sit- en eetarea en 'n volledige, moderne kombuis. Die kombuis het granniettoonbanke en is pragtige ingerig en volledig toegerus. Daar is ook 'n mikrogolfoond, stoof met 'n oond onder die toonbank, skottelgoedwasser, wasmasjien, en 'n tuimeldroër. Die woonstel het satelliet-TV met sekere DStv-kanale in die sitkamer en die hoofslaapkamer en daar is ook 'n DVD-speler. Gratis WiFi is beskikbaar en daar is lugversorging. Die woonstel is ook toegerus met plafonwaaiers.

D3 Sea Lodge word daagliks skoongemaak (behalwe op Sondae en openbare vakansiedae). Geniet gerus 'n braai op die stoep langs die woonkamer. Veilige onderdakparkeerplek is beskikbaar in 'n enkelmotorhuis en oop parkeerplek vir 'n gaste se motors en sleepwaens. Die eenheid het nie see-uitsigte nie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Forex

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na D3 Sea Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 450 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za