LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Daberas Guest Farm | LekkeSlaap
+56

Daberas Guest Farm

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Daberas Guest Farm, 50 km vanaf Augrabies, 8874, Noord-Kaap
  • Geen kinders onder 6
  • Vanaf R1 400 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Daberas Guest Farm skuil in die Onder-Oranjeriviervallei, ook bekend as die Verlore Vallei van Edelgesteentes. Die vallei bied pragtige uitkykpunte met die 1000 m hoë Nama-plato in die agtergrond. Daberas Guest Farm deel 'n 18 kilometer lange grens met die Augrabies Nasionale Park en die ingang na dié park is sowat 50 km van die plaas af.

Verblyf is in 2 eenhede beskikbaar, Cape Ebony Lodge en Star Tree Lodge, en dit bied saam slaapplek aan 10 gaste bied. Albei eenhede het 'n verkoelingstelsels met lae energieverbruik wat 'n gemaklike temperatuur in die somer handhaaf.

Cape Ebony Lodge beskik oor 2 luukse en suite-kamers, die Safari- en Khoisan-suites. Dié lodge het slaapplek vir 5 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is ook 'n buitebad en -stort. Die tweede suite het 3 enkelbeddens en 'n badkamer met 'n stort. Die kombuis is ten volle toegerus en het 'n aparte ingang van die stoep af. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof en 'n oond toegerus. Die lodge is ook met sonkragligte ingerig en gas word gebruik om maaltye warm te maak of te kook.

Star Tree Lodge beskik oor 2 en suite-slaapkamers en het slaapplek vir 5 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n enkelbed in die leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n en suite-badkamer met net 'n stort. Ander geriewe sluit 'n sitarea en 'n kombuis met 'n yskas, stoof en 'n oond in. Daar is 'n vuurput, 'n stoep en 'n swembad by die eenheid. Hernubare energie word vir verkoeling, die yskas en beligting gebruik en gas word gebruik om maaltye warm te maak en te kook. Die lodge kan met 'n gewone voertuig bereik word, maar gaste wat voertuie met 'n lae grondvryhoogte het, moet liefs vooraf navraag doen oor die toestand van die grondpad.

Ander geriewe op die perseel sluit 'n swembad, veilige parkeerplek en 'n braai-area in.

Begeleide toere deur die skouspelagtige woestynlandskap kan vooraf bespreek word. Die verblyf kan met 'n gewone voertuig bereik word, maar 'n 4x4 is noodsaaklik indien gaste die uitkykpunte en die 4x4-roetes wil verken.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 67 resensies vir Daberas Guest Farm
Netheid
4.8/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Daberas Guest Farm, 50 km vanaf Augrabies, 8874, Noord-Kaap
  • Gaste dink Daberas Guest Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 400
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 400
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Daberas Guest Farm, 50 km vanaf Augrabies, 8874, Noord-Kaap
  • Geen kinders onder 6
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5f3777dd60b801a314763eb1c421b811c406c314600bcde8c745fc609ea0c0b00a94ac176cb6b5b69aa99b4a39d1063d9239?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 400  per nag (vir 2 persone) 67 5 1 5 Daberas Guest Farm 50 km outside of Augrabies 8874 Noord-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -28.491823243311 19.952861331403
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!