Daisylaan 930 Leeupoort

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Daisylaan 930 Leeupoort is in die vakansiedorpie, Leeupoort geleë en bied gesinsverblyf aan natuurliefhebbers. Dié dorpie is 56 km vanaf Thabazimbi, 10 km vanaf Koedoeskop, 70 km vanaf Bela-Bela en 170 km vanaf Pretoria.

Die huis het 3 slaapkamers, 2 badkamers en bied slaapplek aan 8 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte met oorgenoeg kaste en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Daar is ook 2 enkelbeddens in die leefarea. Opblaasdubbelbedmatras is ook beskikbaar. Matrassie vir kinders is ook beskikbaar. Die tweede badkamer het 'n bababad, stort, toilet en 'n wasbak. Lakens, kussingslope en handdoeke word nie voorsien nie en gaste moet dit saambring.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, aparte kisvrieskas, stoof, oond, skottelgoedwasser, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n tweeplaatgasstoof om te gebruik tydens kragonderbrekings.

Die leefarea het gemaklike rusbanke en 'n TV met 'n DStv-koppelpunt. Gaste moet asb. hul eie DStv-dekodeerders, -kabels, -slimkaart en -afstandbeheer saambring. Binne-braaigeriewe met oorgenoeg sitplek is beskikbaar en daar is ook waaiers in al die kamers om die somerhitte af te weer.

Die onderdak-Jacuzzi met warm water en boma is die perfekte plek om lekker te kuier en gaste sal ook 'n paar wilde diere hier gewaar.

Onderdakparkeerplek is beskikbaar.

Daar is tientalle doendinge en geriewe op die perseel. Gaste kan wildkyk, die sonsondergang vanaf die toring bewonder, swem in een van die 3 swembaddens op die reservaat en daar is ook 'n drankwinkel en 'n algemene winkel. Daar is ook 'n restaurant met heerlike etes.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Daisylaan 930 Leeupoort gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 800 per nag (vir 8 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]