Dakota Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kom ervaar die atmosfeer van vervloë dae met al die moderne geriewe. Dakota Lodge is gerieflik in die beeldskone, geskiedkundige Rand Lughawe geleë en bied 'n historiese, lugvaart-tema met 'n beeldskone uitsig van Johannesburg se middestad in die weste tot by Suikerbosrand in die suide. Ons lugvaart-tema is ter ere van die eerbiedwaardige Douglas DC-3, Dakota.

Die lodge bied 24 en suite-kamers, met 'n keur van "executive"-suite of dubbel- of enkelkamers. Elke kamer is toegerus met verstelbare lugversorging, 'n platskerm-TV met sekere satelliet-kanale, 'n kombuisie met 'n yskassie, mikrogolfoond en 'n ketel en 'n telefoon met 'n direkte lyn. Die kamers word daagliks skoongemaak.

Ons is volledig gelisensieer en bied 'n wye verskeidenheid alkoholiese en nie-alkoholiese drankies. Jy kan ook gerus 'n besoek aflê by Flippies Cockpit, ons skemerkroeg en die hoëveld se sonsondergange op die dek wat oor die Rand Lughawe se vliegveld uitkyk.

Die lodge het ook 'n 24 uur-ontvangstoonbank, geriewe soos 'n drukker, faksmasjien, skandering en e-pos vir sakereisigers, WiFi-toegang, wasgoeddienste, 'n gimnasium met heelwat toebehore en 'n koffiekroeg. Ons bied ook 'n pendeldiens en skilderagtige vliegritte kan gereël word op versoek. Die lodge is in 'n sekuriteitskompleks met toegangsbeheer geleë en parkeerstrokies is by ontvangs beskikbaar.

Ons kan ook 'n verskeidenheid konferensies en kleiner funksies vir 10 tot 50 gaste akkommodeer in 'n kleiner lokaal wat oor die vliegveld uitkyk. Troues en groter funksies vir 80 tot 500 kan in ons 2000 m²-grootte vliegtuigloods, met historiese vliegtuie as deel van die versiering, gehou word.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Kantoorgeriewe
  •  Rekenaar Netwerklewering
  •  Internet
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

KaartMeer oor die omgewing 

Gaste wat na Dakota Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R790 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za