Dalberry Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dalberry Guest House is in 'n rustige buurt in Fourways, 'n residensiële gebied in die noorde van Sandton, geleë. Alhoewel Fourways 'n besige area is is dit aan die buitewyke van die stad geleë. Dit bied maklike toegang tot die platteland met golwende heuwels en wildparke.

Die gastehuis bied verblyf in 13 B&B-kamers en 3 selfsorg-eenhede. Die slaapkamers bied slaapplek aan 2 gaste of 'n klein gesin. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad of 'n stort. Daar is ander geriewe soos 'n TV met sekere DStv-kanale, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n yskassie met voorraad in die kamers.

Gaste kan in die 2 sprankelende swembaddens op die perseel afkoel, braai of in die onthaalareas binne of buite ontspan. Daar is ander geriewe soos 'n kroegarea, gratis WiFi, 'n pilates-ateljee, gesondheidspa en 'n alarmstelsel.

Fourways is die poort na verskeie opwindende doendinge. Dit sluit abseil, riviervlotvaart, kanovaarte, perdry, voëlkyk, visvang en gholf in.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  WiFi

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Dalberry Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 010 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za