LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Dassenheuwel Farm Stay & Cottages | LekkeSlaap
+127

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 47 resensies vir Dassenheuwel Farm Stay & Cottages
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5
Chris D - Okt 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Chris D
Saam met eggenoot / lewensmaat

So, so mooi en so lekker gewees.

Daar is nie woorde vir hierdie heerlike verblyf nie. Dit was net uitstekend! Netjies, gerieflik, vriendelik, gasvry in 'n pragtige omgewing! Baie, baie dankie - ons kom weer.

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's terugvoer

Baie dankie vir die wonderlike terugvoer! Dit beteken vir ons regtig baie as ons gaste dit so geniet op die plaas. Ons hoop om julle binnekort weer te sien! Groetnis, Kobus en Lida.

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages
Inge B - Jun 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Inge B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Vinnige wegbreek vir een aand naby die huis.

Ons het vreeslik lekker hier gebly! Dit is so rustig op die plaas. Daar is elke moontlike luuksheid waaraan jy kan dink! Die gasvrou bak die heerlikste beskuit! Ons het selfs bordspeletjies op die stoep gespeel. Die uitleg is oopplan so jy moet gerieflik wees met 'n oop badkamer as jy hier kom bly. Die enigste "opbouende kritiek" wat ons dalk vir die eienaars sal gee is die uitleg van die braaiarea. Daar is twee eenhede langs mekaar wat 'n braaiarea deel. Ons was gelukkig alleen die aand daar so dit het ons nie gepla nie maar ek dink die logistiek sal effens moeilik wees as jy saam met vreemde mense daar bly. Die stoep en braaiarea word gedeel so jy gaan nie juis privaatheid hê nie. My voorstel sal wees dat hulle dalk 'n afskorting op die stoep sit tussen die twee eenhede en dalk nog 'n braaiplek aan die ander kant van die stoep inrig.

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's terugvoer

Hallo Inge,
Dankie vir jou positiewe terugvoer. En ons is bly jy het jou kuier hier op die plaas geniet.

Ons is in die proses om planne te maak om die braai area op te deel. Daar is net baie faktore wat in ag geneem moet word, wat gaste miskien nie aan dink nie, soos die brandgevaar van 'n enkele vonk, omdat ons hooi/kafstoor baie naby aan die kothuise is, en 'n vonk of 2 groot skade kan maak, met 'n hele jaar se voer wat tot niet kan brand.... ;(
Dan is daar ook die uitsig wat belemmer gaan word indien ons 'n afskorting bou.... So, ons werk aan 'n oplossing sodat almal dit steeds kan geniet!!

Gelukkig probeer ek meestal dat daar nie te veel vreemde mense langs mekaar in die kothuise bly nie, ek sal eerder laat mense privaat wees, en die ander een "toemaak" vir daardie tyd. Of dan is dit ook meestal vriende wat wel kan saamkuier, wat langs mekaar bly en saam bespreek..


Ek hoop dit antwoord jou vrae?

Groetnis en hoop om julle weer gou te sien.

Lida

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages
Elise V - Sep 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elise V
Saam met vriende

Dit was die beste plek, eintlik baie beter as die gelyke in geldwaarde.

Pragtig huislik en heerlik stil op die plaas. Bokkies en baie voëls om jou dag op te kikker.

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's terugvoer

Baie dankie vir die terugvoer Elise.
Ons is bly julle het die tyd hier by ons geniet.
(Ps. ons het mos daardie week oormatig baie reen gekry, en ons pad was bietjie verspoel, jammer daaroor. Ons sê mos nooit nee dankie vir goeie reen nie ;) Maar hy word nou weer geskraap, dan maklik begaanbaar)
Die rustigheid van die plaas is juis omdat ons 'n hele entjie van die teerpad is.. (6.5km)...

Ons sien uit om julle blommekykers weer hier te verwelkom.

Groetnis
Lida

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages
Mariette D - Sep 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Mariette D
Gesin met tieners

Fantasties, rustig en pragtig.

Cobus en Lida het ons hartlik verwelkom met hul gasvryheid. Die huis is pragtig. Die grootste verrassing was die varsgebakte plaasbrood, wat vir ons gewag het in die kombuis. Die canolalande was prentjiemooi en ons het die mooiste gesinsfoto's geneem. Ek beveel Dassenheuwel aan vir enige iemand wat net rustig wil wegbreek in 'n ontspanne omgewing.

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's terugvoer

Baie dankie Sarel en Familie. Ons is baie bly dat julle die naweek hier geniet het, al was dit baie koud en nat. Gelukkig is die Farm Stay cozy en kon julle julself besig hou met al die speletjies ens... Die belangrikste is dat julle lekker uitgerus het, en ons natuurskoon geniet het.

Kom kuier gerus weer!

Groete
Lida

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages
Gerné M - Aug 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Gerné M
Gesin met klein kinders

Rustig.

Dit was die lekkerste tydjie weg. Ons kon net uitspan en vergeet van die gewoel van die stad. So 'n mooi plekkie, so skoon en gesellig. Daar is 'n regtige rustige vibe, mens voel tevrede, veilig, warm en werklik tuis.

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's terugvoer

Dankie vir die positiewe terugvoer Gerné, ek is bly jy en jou gesin het die tyd hier by ons op die plaas geniet, en dat jy lekker uitgerus het in die stil plaasatmosfeer. Hoop om jou binnekort weer hier te sien,

Groete
Lida

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages
Anina O - Mrt 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Anina O
Besigheidsreis

Rustige plaasatmosfeer met baie goed toegeruste fasiliteite, alles wat jy kan nodig kry is daar.

Varsgebakte brood, wyn van 'n plaaslike kelder in yskas! Dis ontspan op sy beste!

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's terugvoer

Baie dankie Anina

Ons is bly julle het julle kuiertjie hier by ons geniet, en lekker uitgerus, al het julle gewerk.
Ons hoop ons sien julle span gou weer.

Groetnis
Lida

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages
Bronwyn L - Mrt 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Bronwyn L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Wonderful.

Beautiful, clean and well equipped. You arrive as a client and leave as family. Beautiful, peaceful farm. All the little (coffee, tea, tusks, fresh baked bread) spoils are so appreciated. Thank you so much. We will be back.

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's terugvoer

Thank you, Bronwyn for the positive feedback.
We aim to let our guests feel at home and have all the luxury and spoils of great accommodation.
Really hope to see you soon.
Kind regards
Lida

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages
Corne V - Des 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Corne V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Lieflike mense en 'n fantastiese plek.

Kobus, Lida en Dassenheuwel Farm Stay is dié blyplek in Malmesbury as jy soek na rus, vrede en 'n lekker plaaswegbreek.

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's terugvoer

Dankie vir die goeie terugvoer, Corné. Ek is bly julle het julle kuier hier by ons geniet. Ons sien uit daarna om julle weer terug te verwelkom.
Groete
Lida en Kobus

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages
Marina V - Okt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marina V
Enkelreisiger

Ongelooflik lekker.

Ek gaan een keer per maand na 'n gasteplaas. Hierdie een is die eerste een wat ek weer en weer sal gaan. Dis die wonderlikste plek ooit. Die eienaars laat voel jou deel van hulle. Die plek is silwerskoon met als en baie meer toegerus. Nog nooit het ek enige plek teëgekom wat so smaakvol toegerus is nie. Als wat jy mag nodig kry - tot hoofpyn pille. Belis die moeite werd. Ek gaan weer daarheen - en nou hoef ek nie meer na die regte plek te soek nie. Ek het my naweekplek gekry.

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's terugvoer

Baie dankie Marina vir die wonderlike terugvoer.
Ons is baie bly jy het jou tydjie hier by ons geniet, en dat jy lekker gerus het op die plaas.
Ons verwelkom jou graag weer binnekort!
Lida

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages
Connie H - Jul 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Connie H
Saam met eggenoot / lewensmaat

Fantastiese plek vir 'n wegbreek, alles was 100%.

Lida was altyd reg om jou vrae te antwoord. Die kamer self is baie netjies, modern maar ook baie huislik en word goed onderhou. Dit sal lekker wees as die braai-area meer beskut was teen wind en reën.

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's terugvoer

Baie dankie vir die terugvoer Connie.

Die ideaal sou wees as julle in die Farm Stay kon bespreek, maar dit was reeds vol bespreek. En ook het julle op 'n naweek kom kuier wat dit omtrent stormweer was. In somermaande of gewone wintersaande is daardie braaiplek weer heerlik omdat jy kan uitkyk oor die hele werf.

Ek hoop tog julle kom kuier weer eendag vir ons, en dat julle dan bietjie die Farm Stay uit probeer met sy binnebraai of as dit mooiweer is, geniet almal die groot stoep by die kothuise met sy mooi uitsig of onder in die groot tuin by die Farm Stay.

Sien julle eendag weer.

Groete
Lida

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages
Bruce M - Mei 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Bruce M
Gesin met klein kinders

Wonderlik. Ontspannend. Lekker gestap en wonderlike diere op die plaas.

Kinders het dit geniet.

Dié resensie is vertaal,kliek hierom die oorspronklike weergawe te sien.

Wonderful. Relaxing. Great walks and wonderful animals on the farm.

Kids loved it.

Jy lees die oorspronklike resensie,kliek hierom die vertaalde weergawe te sien.

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's terugvoer

Good day Bruce,

Thank you for the nice review. It was great having your family on the farm. Hope to welcome you back soon.

Kind regards,
Lida

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages
Johan B - Mei 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johan B
Enkelreisiger

Sielsverreikend.

Dit was 'n ongelooflike lekker verblyf. Alles waaraan 'n mens kon dink was daar en selfs meer. Kobus en Lida doen baie moeite om die blyplek huislik te maak. Dit is heerlik om aan die einde van 'n dag se werk na die mooi en rustigheid van die plaas terug te keer. Die cottage is met sorg uitgelê en mens voel sommer baie tuis. Kobus en Lida, baie dankie vir julle vriendelikheid en mag Dassenheuwel Farm Stay groei van krag tot krag.

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's terugvoer

Baie dankie Johan vir die positiewe terugvoer. Ons is bly dat jy jou verblyf hier by ons geniet het. En dat jy goeie nagrus kon kry in ons stil omgewing na elke dag se harde werk.
En hoop om jou binnekort weer hier te verwelkom.
Groetnis,
Lida

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages
Arjan S - Mrt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Arjan S

Lovely stay.

A well equipped house in a beautiful environment and a perfect base to explore the Swartland area from.

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's terugvoer

Thank you for your visit Arjan, and your review.

Lida

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages
Henriette P - Jan 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Henriette P
Gesin met klein kinders

Dit was manjifiek, ons wil beslis weer gaan!

Ons het ons tydjie by Dassenheuwel terdeë geniet. Die huis is pragtig versier en toegerus met alles wat mens kan nodig kry. Ons is verwelkom met 'n tuisgebakte plaasbrood en konfyte, Lida en Kobus was so gasvry en Kobus het ons selfs genooi om saam hom 'n draai deur hulle pragtige plaas te ry. Ons was gelukkig om in die lente te gaan kuier en ons 5-jarige tweeling het hulle verkyk aan die pasgebore lammertjies. Die plaas is ook goed geleë om gemaklik uitstappies te doen na Riebeeck-Kasteel en al die omliggende Swartland wynplase en besienswaardighede. Ons kinders vra al reeds wanneer gaan ons weer plaas toe!

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's terugvoer

So baie bly jul het lekker gekuier hier by ons. Sien julle binnekort weer.
Dankie vir die positiewe terugvoer, nou kan die ander ook sien hoe lekker dit hier is.

Groete
Lida

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages
Nicola F - Des 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Nicola F
Gesin met klein kinders

Heerlik rustig en alles was netjies en gemaklik.

Lekker gebly. Alles is gemaklik en skoon. Ekstras was 'n lekker bederf.

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's terugvoer

Hallo Nicola,

Dankie vir jou terugvoer, ons is baie bly jy het jou verblyf hier by ons geniet.... Ons hoop om julle weer in die toekoms te sien, veral as dit winter/lamtyd is - vir die kinders se onthalwe.

Groetnis!
Lida

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages
Sharlene S - Des 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Sharlene S
Gesin met klein kinders

Baie skoon, netjies en heerlike ontspanningsplek.

Dazzenheuwel is 'n baie skoon, netjiese en gerieflike woonplek. Daar is baie diere op die plaas en my kinders het dit baie geniet, hul is baie lief vir diere. Baie dankie vir die heerlike vars brood, beskuit en konfyt. Dit is 'n ontspanningsplek-duisend, baie rustig.

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's terugvoer

Dankie Sharlene vir die terugvoer. Ons is bly jou kinders het dit ook geniet, en dat julle lekker uitgerus het voor die langpad terug.

Groetnis.
Lida

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages
Sarel S - Des 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Sarel S
Enkelreisiger

Pragtige omgewing en lekker rustig op die plaas.

Goeie wegbreek om bietjie weg te kom van die besige stadslewe. Die kothuis was baie skoon en netjies en het alles gehad wat ek nodig het. Het baie lekker gebly en sal dit vir seker aanbeveel.

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's terugvoer

Baie dankie Anneleen vir die terugvoer.

Ons is bly jy het jou kuiertjie in die Kaap hier by ons geniet, en hoop om jou weer te sien!

Groetnis,
Lida

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages
Lynette V - Nov 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lynette V
Saam met vriende

Excellent recharge venue.

We had a good experience away from the busy city life. Peace and quiet highly recommended. Our visitors were also impressed with the super accommodation and extra care with little specials.

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's terugvoer

Beste Lynette,

Dankie vir die terugvoer, ons is bly julle het jul kuiertjie hier by ons geniet.

Hoop om julle weer eendag hier te ontvang..

Groete,
Lida

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages
Anzelle L - Aug 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Anzelle L
Saam met eggenoot / lewensmaat

As jy na 'n plek soek wat die siel voed, is dit Dassenheuwel Farm Stay & Cottage.

Wil eerstens dankie sê aan Kobus en Lida vir julle gasvryheid. Ons het welkom gevoel van die begin af. Sover vir 1ste ontmoetings het julle 'n baie goeie indruk gemaak. Ons het in die donker daar aangekom en moet ek sê wat 'n ongelooflike uitsig was dit toe ons daai volgende dag opstaan en buite gaan! Julle het 'n ongelooflike mooi plaas. Alles is netjies en skoon. Daar is soveel lewe in die plek. Kan sien hoeveel tyd in die plek ingaan. Die Flower Cottage wat ek en my verloofde in gebly het was iets besonders. Alles wat jy nodig het is daar jy is niks kort nie. Die cottage is so mooi jy voel tuis van die begin af. Baie mooi en gepaste dekor. Dis moderne boeresjiek vir my gewees. Die plekkie is 'n juweel, jy wil dit amper nie eers deel met iemand nie, haha. Ons het die stilte geniet van die plaas, ons kon rus lekker vuurmaak en braai, opkyk na die sterre met 'n warm koppie koffie en tuisgebakte beskuit (uit en uit bederf met dit gewees). Daai is lewe op sy beste. Ons het so uitgerus gevoel na ons oorbly daar, al was dit net een aand. Kan net indink wat 'n paar aande se oorbly sal doen. Julle is pragtige mense en julle plaas straal dit vir seker uit. Weereens dankie, ons sien julle definiteif in die toekoms.

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's terugvoer

Hallo Anzelle,
Dankie dat jy jou ervaring met ons deel, en ons is baie bly dat jy jou kuiertjie op die plaas geniet het. Kom kuier nou net volgende keer bietjie langer.
Groete
Lida

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages
Alichia N - Aug 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Alichia N
Gesin met klein kinders

Die mees gemaklikste en bes ingerigte selfsorg-eenhede ooit.

Dassenheuwel is pragtig! Kobus en Lida se gasvryheid is onbeskryflik. Die detail is besonders en daar was nie 'n ding wat kort was nie. Die eenhede is skoon, netjies en uiters gemaklik. Die dekor is stylvol en smaaklik gedoen met goeie gehaltegeriewe en WiFi wat werk. Die landskap is onbeskryflik mooi die tyd van die jaar - ons het ongelooflik lekker gebly. Sal beslis weer gaan kuier.

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's terugvoer

Hallo Alichia,
Ons is baie bly dat julle jul verblyf hier by ons op ons stukkie "Hemel-op-aarde" geniet het. Ons hoop om julle gou in die toekoms weer te ontvang en weer te spoil op die plaas.
Groete
Lida

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages
Charlotte-louise E - Jun 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Charlotte-louise E
Gesin met klein kinders

Pragtige huis wat uitstekend toegerus is.

Ons is bederf met varsgebakte brood, filterkoffie, warm duvets en sommer net alles wat mens nodig het vir ‘n wegbreeknaweek. Die huis is baie goed toegerus. Perfekte plek vir ‘n kleuter met ‘n avontuurlustige gees.

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's terugvoer

Beste Charlotte-Louise,

Baie dankie, ons is bly dat julle die kuiertjie hier by ons geniet het. Kom kuier asb. weer!

Groetnis,
Lida

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages
Corné G - Apr 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Corné G
Gesin met klein kinders

10 uit 10!

Kobus en Lida se gasvryheid was uit die boonste rakke! Huis is netjies en skoon en ingerig met alles wat mens mag benodig. Selfs beskuit en varsgebakte brood! Ons kon die plaas met ons fietse verken en die kinders kon sien en beleef hoe die skape lam! Wow! Geen probleem met veiligheid gehad nie! Ons kan die plaas beslis aanbeveel en sal weer terug wees!

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's terugvoer

Dankie Corné,

Ons is so bly julle het julle kuier hier by ons geniet. En dankie dat julle dit vertel soos dit waarlik hier by ons is ons is bly dat julle lamtyd kon beleef.
Ons hoop julle en die kinders kom kuier sommer gou weer, sal julle as gaste graag weer hier ontvang!

Lida en Kobus.

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages
Jaco V - Feb 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jaco V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Absolute stylvol, stil en rustig.

Die gasvrou doen ver meer moeite as wat van 5 ster verwag word. Ons het selfs 'n lekker warm tuisgebakte broodjie gekry. Die kamer is modern en stylvol. Die omgewing is rustig en tjoepstil.

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's terugvoer

Baie dankie vir die terugvoer... ons is bly julle het julle tydjie hier geniet.
Kom kuier gerus weer!

Groetnis
Lida

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages
Anél R - Jan 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Anél R
Gesin met klein kinders

So mooi en rustig!

Baie smaakvol en mooi ingerig. Die plaas is mooi en so rustig. Presies wat jy soek as jy uit die stad uit wil kom. Ons dogtertjie het die skape, skilpaaie en springbokke baie geniet!

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's terugvoer

Goeiedag Anel
Baie dankie vir die terugvoer, en ons is baie bly jy en jou gesin het die kuiertjie, al was dit kort, hier by ons op die plaas geniet. Kom kuier graag weer, maar sorg dat julle bietjie langer kuier, dat julle dit net meer kan geniet. Probeer lamtyd in Maart, jou dogtertjie sal dit baie geniet, of in die winter wanneer dit lekker snoesig is, of natuurlik blomtyd, dan is alles by ons grasgroen en die canola staan vol in die blom.

Groetnis
Lida

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages
Corlia D - Des 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Corlia D

Rustige plaaskuier met moderne geriewe.

Ons was beïndruk met die moderne geriewe, gerieflike beddens en ruimte van die huis. Die kombuis is goed toegerus. 'n Heerlike bederf was die varsgebakte plaasbrood met aankoms.

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's terugvoer

Baie dankie vir die terugvoering, Corlia. Ons is bly julle het dit hier by ons geniet.
Lida

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages
Don U - Nov 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Don U
Saam met eggenoot / lewensmaat

Excellent rural accommodation in a relaxed environment and exceptionally friendly hosts.

See star rating.

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's terugvoer

Don,

I am glad you and your family enjoyed your stay with us. Please visit again.

Thank you
Lida

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages
Hennie G - Jul 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Hennie G
Saam met vriende

Lekker privaat en rustig.

Dit was aangenaam om daar te oornag. Tussen die heuwels en op n plaas is mos die rustigheid vanself.

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's terugvoer

Dankie vir die terugvoer Hennie. Ons is bly julle het dit geniet, kom kuier gerus weer.
Kobus en Lida

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages
Robert D - Mei 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Robert D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Onvergeetbaar.

Dit was ongelooflik, netjies en skoon. Baie lekker, dankie.

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's terugvoer

Baie dankie vir die terugvoer Robert,
Ons is bly julle het dit geniet, kom kuier gerus weer.

Lida

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages
Janine J - Apr 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Janine J
Saam met eggenoot / lewensmaat

Fantasties!

Dassenheuwel is pragtig, skoon en gerieflik. Dis heerlik om in die stilte op die plaas te bly. Alles is so spesiaal en ons was mal oor die beskuit en lekker goedjies. Sal vir seker weer 'n draai daar wil maak.

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's terugvoer

Hallo Johan en Janine,
Baie dankie vir jou terugvoer. Ons is regtig bly jy het ons stukkie "hemel" op aarde geniet, die plaaslewe is maar net baie lekker.... Ons sien uit om julle weer hier te ontvang.

Groetnis,
Lida

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages
Marianne W - Apr 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marianne W
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlik en rustig! Lekker gebly.

Dis 'n netjiese, smaakvolle kothuis met lieflike linne! Ek beveel dit aan vir enigeen wat hou van die wydheid en 'n plaasatmosfeer. Lieflike gasheer en gasvrou. Sal graag weer daar bly.

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's terugvoer

Dankie Marianne. Ons is bly julle het dit geniet. Kom kuier gerus weer.
Lida

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages
Annamarie J - Feb 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Annamarie J
Gesin met tieners

Rustig en sielsvernuwend.

Die "farm stay" het meer as genoeg plek vir ons as gesin gehad. Alles is baie smaakvol versier. Klein deurdagte toevoegings het ons baie spesiaal en welkom laat voel. Malmesbury is naby soveel dinge om te sien en te doen. Ons sal weer moet terug gaan.

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's terugvoer

Annamarie,
Baie dankie vir die terugvoer. Ons is bly dat jy dit geniet het. Kom kuier gerus weer.
Lida

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages
Riana E - Nov 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Riana E
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ons het heerlik oornag in dié smaakvolle eenheid!

Die eenheid is met styl afgerond en ons het niks kort gekom nie. Alhoewel dit selfsorg-eenhede is, was daar wel beskuit en muesli te ete en koffie, tee en melk is voorsien. Dit was wel jammer dat ons as egpaar die stoep en braai-area moes deel met vreemdelinge: nie juis iets waarna mens uitsien wanneer jy so wegbreek nie. Ons sou dus voorstel dat die stoep afgeskort word sodat elke eenheid privaatheid het en daar is ook spasie vir elke eenheid om hul eie braai te hê. Ons het wel gebruik gemaak van die geleentheid en vryheid op die plaas om ver te gaan stap en die pragtige natuurskoon te geniet en vars lug in te asem.

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's terugvoer

Hallo Riana,
Dankie vir die terugvoer, en ons is bly dat julle die verblyf en die plaas geniet het.
Aangaande die braaifasiliteit, meeste van die gaste wat in die kothuise oorbly, bly meestal net 1 of 2 nagte oor, aangesien hier klomp onthaalplekke in die omgewing is, en die meerderheid by troues of feeste gaan kuier, of sommer lekker gaan uiteet in die Vallei....

Wat ek voorstel is dat indien jy heeltemal privaat wil wees, gaan die onderste gastehuis (Dassenheuwel Farm Stay) perfek wees vir jou behoeftes. Dit beskik oor 'n binnebraai, lekker buitebraai/boma onder die bome in 'n groot private tuin.... Daar sal jy kan rustig kuier en alleen wees, en niks hoef te deel met "vreemdelinge" nie.... Die Farm Stay is ook heeltemal apart van die kothuise.
Ons het wel al mense in die kothuise gehad wat mekaar nie ken nie, en maar om die beurt braai en kuier op die stoep, en ook dié wat daar en dan vriende maak en sommer saam kuier.....

Groete en dankie vir die ondersteuning.
Lida

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages
Ronel D - Okt 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ronel D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Dit was awesome!

Ek sal weer daar bly en die verblyf vir enige een aanbeveel. Dit was prentjiemooi en lekker. Vrede! Ek sal ook enige tyd weer van LekkeSlaap gebruik maak om akkommodasie te soek.

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's terugvoer

Dankie vir die terugvoer, Ronel.
Ons is baie bly dat jy jou kuiertjie op die plaas geniet het.
Ons hoop om jou weer eendag hier te sien.
Groetnis.
Lida

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages
Louis D - Sep 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Louis D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ongelooflike ontvangs en gasvryheid van die eienaars na 'n lang dag se ry.

Baie lekker gebly met meer as wat nodig was in die kothuise. Die vriendelikheid en gasvryheid van die eienaars, Lida en Cobus, was ongelooflik. Soos die "slogan" sê: Arriveer as 'n besoeker en gaan weg as 'n vriend. Dis inderdaad waar. Sal sterk aanbeveel!

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's terugvoer

Baie dankie vir die terugvoer Louis. Ons is bly julle het dit geniet.

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages
Johann E - Sep 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johann E
Saam met eggenoot / lewensmaat

Onopgesmukte gasheer en -vrou wat aangename, interessante verblyf op 'n pragtige plaas verseker.

Die akkommodasie was netjies, pragtig en volledig toegerus. Dit was aangenaam en interessant om op 'n werkende plaas te vertoef met Kobus wat ons graag rondgewys en van die plaasgeskiedenis vertel het. Van ons aankoms het ons dadelik tuis gevoel en die vrymoedigheid gehad om die natuurskoon waarin die plaas geleë is van alle kante te bekyk en te geniet.

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's terugvoer

Baie dankie Johann, ons is bly dat julle dit hier by ons geniet het. En dis vir ons 'n voorreg om julle hier rond te wys. Hoop jy kon mooi foto's neem. Kom kuier gerus weer!
Groetnis
Lida

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages
Hennie B - Jul 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Hennie B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie goeie ervaring.

Ongelooflike gasvryheid. Die kothuis was volledig toegerus. Baie skoon en netjies. Die wit handdoeke en bed laat mens baie bederf voel. Omgewing pragtig!

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's terugvoer

Baie dankie Hennie,
Ons is bly dat julle dit geniet het hier in ons stukkie 'hemel-op-aarde'. Kom kuier volgende keer langer.
Groetnis!
Lida

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages
Laret L - Mrt 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Laret L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Dit was soos om op my eie plaas te wees, tussen die diere en gasvrye mense.

Ons het nie geweet wat om te verwag nie, maar groot was ons verbasing toe ons daar aanland. Van die welkom sjokolades tot die ekstra komberse op die stoep was meer as wat ons verwag het. Dan praat ek nie eers van die heerlike tuisgebakte beskuit en tuisgemaakte konfyt nie. Al die tee, koffie ens. was meer as wat ons verwag het. Die plaaslewe was my hoogtepunt, al die klein lammertjies wat so bokspring laatmiddag! Dit was so wonderlik om die nuwe klein kalfie se eerste treetjies te kon aanskou! En dan die trippie bergop om die sonsondergang te aanskou! Dit was voorwaar waarde vir geld. Daar is soveel ekstras, te veel om op te noem. Baie dankie.

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's terugvoer

Hallo Laret,
Baie dankie, ons is regtig baie bly dat julle jul kuier op die plaas kon geniet! Maak gerus weer so. Nou kon julle ook deel in ons lewe.
Groetnis!
Kobus en Lida

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages
Elrien S - Mrt 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elrien S

'n Naweek wat ons verwagtinge ver oortref het!

Ek en my ouers het drie dae op Dassenheuwel spandeer, en sal beslis weer gaan kuier daar. Kobus en Lida is die perfekte, vriendelike gasheer en -vrou. Die omgewing en plaas is pragtig, rustig en stil. Dit was heerlik om die plaasdiere en -lewe te ervaar. Kobus het my pa spesiaal bederf en saam met hom op die plaas rondgeneem. Die huis is netjies, smaakvol en uiters gerieflik en volledig toegerus. Ons wou skaars weer huis toe gaan en beplan reeds die volgende besoek, sodat ons weer vroegoggend op die stoep kan sit en koffie drink, en die plaas en stilte en Lida se vars brood met konfyt kan geniet. Baie dankie vir 'n heerlike naweek!

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's terugvoer

Hallo Elrien, baie dankie, en dit was vir ons een groot plesier! Ons is baie bly dat julle ons rustige atmosfeer op die plaas kon geniet. Kom kuier gerus weer.
Groetnis!
Lida

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages
Suzean H - Mrt 2016
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Suzean H
Saam met vriende

Fantasties!

Dit is 'n ongelooflike rustige omgewing. Die vars plaasbrood en vriendelike eienaar is 'n treffer. Eenheid is baie netjies en goed ingerig. Sal beslis weer kom.

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's terugvoer

Baie dankie Suzean, ons is bly dat julle die kuiertjie op die plaas geniet het. Kobus en Lida

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages
Benita I - Feb 2016
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
2/5
Ligging
2/5
Veiligheid
2/5
Waarde vir geld
2/5
Benita I

Teleurstellend.

Slegte sinkplaat grondpad, eenheid vol spinnerakke, ons is R500 per persoon per nag gevra en babas R125 elk. Die eenheid word ook net elke 3de dag skoongemaak, amper geen selfoonsein, geen veiligheidsmaatreëls, te veel reëls en regulasies.

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's terugvoer

Hallo Benita,
Ons is jammer oor jou 'slegte' ervaring, veral omdat jy al voorheen by ons oorgebly het.
Vir die stukkie pad wat "sinkplaat" is, dis die SDR se gedeelte wat hulself in stand moet hou (ons mag nie), en hulle kom dit gereeld binne 'n sekere siklus skraap. Die res van die pad (wat ons s'n is), skraap onsself en die pad is eintlik in 'n baie goeie kondisie. Die eenheid word elke 2e dag gediens, wat ook by julle die geval was. Die selfoon sein is maar waarmee ons almal saamleef op 'n plaas, maar dis slegs in sekere vertrekke in die gastehuis waar nie selfoon sein is nie, buite is orals selfoon sein. Die ou huis se mure is baie dik, daarom is die sein swak in die huis, maar buite baie goed. (Ons het selfs nie eers meer Telkom lyne nie, ons kom net reg met selfone). Die enkele spinnerakke waarvan jy praat, kom oornag, spinnekoppe kom en gaan, en 'n spinnerak word binne minute gebou, dit was heeltemal skoon die oggend voor jy ingekom het. Die deure en sif deure moet toegehou word om die spinnekoppe en vlieë uit te hou, ons het jou daaroor gewaarsku, maar die deure was steeds oop.

Die plaas word elke dag ten minste een keer gepatrolleer deur ons plaaswag en die polisie, so, ons veiligheidsmaatreels is heeltemal in plek. Die noodnommer van die plaaswag is ook in die huisie aangebring, miskien het jy dit net nie gesien nie??

Die reëls en regulasies is maar by baie plekke, maar aangesien jy 'n ekstra persoon ingebring het, waarvoor jy nie bespreek het nie (jou bespreking was vir 2 volwassenes en 2 babas), en ook nie waarvoor ek jou gekwoteer het nie, en jy toe daarna ekstra moes betaal, kry ek die idee jy is kwaad oor die ekstra betaling. Dis jammer dat jy sosiale media gebruik om jou misnoeë uit te spreek, ons het reeds per epos alles uitgesorteer.

Jammer dat mens so moet reageer, maar soos jy kan sien, al die ander gaste, honderde van hulle, bly altyd baie lekker, en het geen probleem met enige iets in die huis of op die plaas nie. Miskien moet julle, n.a.v al jou teleurstellings eerder nie op 'n plaas in die vervolg bespreek nie.
Dis ons lewe, en baie mense is mal daaroor om ook 'n tydjie op 'n plaas te bly. Soos jy kan sien, geniet almal dit om hier te oornag.

Die foto's is presies die weergawe van ons huisies, niks is verbloem of opgemaak nie. "What you see is what you get", en as daar nou 'n ekstra "Daddy long legs" is, dis als deel van plaaslewe.

Groetnis!

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages
Peter V - Nov 2015
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Peter V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Very well appointed cottage in tranquil environment

If you are looking for a quiet, tranquil breakaway from the rat race, this is it. Very well appointed and comfortable cottage with large deck and braai facility. Short gravel road to farm is suitable for city sedans. Good value for money.

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's terugvoer

Thank you, Peter! I'm glad you enjoyed your stay.

Dassenheuwel Farm Stay & Cottages
Bardine K - Mrt 2015
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Bardine K
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlike en rustige plaasverblyf.

Ideale verblyf as jy rus en vrede soek en wil wegkom uit die stad. Vriendelik en gasvry ontvang en Lida het werklik aan als gedink in terme van geriewe met ekstras soos beskuit en 'n warm varsgebakte brood. Was vir ons 5-ster verblyf! Kan dit sonder enige twyfel aanbeveel en sal enige dag weer terug gaan. Mis reeds die vars plaa lug en koffie en beskuit soggens op die stoep.

Yolande S - Jun 2014
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Yolande S
Gesin met klein kinders

Absoluut wonderlik!

Dassenheuwel is 'n ware oase om weg te kom van alles af. Alles is netjies en presies wat mens nodig het om weg te kom. Die gasvryheid van Kobus en Lida is wonderlik. Die omgewing is pragtig en om wakker te word met die hane wat kraai en die ganse wat gesels is fantasties. Baie dankie vir die wonderlike twee nagte.

Elsabe H - Apr 2014
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elsabe H
Gesin met klein kinders

Fantasties! 'n Paradys vir die kinders!

Goed toegerus.

Estie M - Mrt 2014
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Estie M
Gesin met klein kinders

Daar word vars plaasbrood afgelewer met julle aankoms!

Ons is ware stadsjapies, so ek het besluit die kinders bietjie die plaaslewe moet beleef. Met net 'n uur uit Kaapstad, is Dassenheuwel die perfekte familie-uitstappie. Warm varsgebakte brood word afgelewer die oomblik as jy aankom. Die gasvrou (Lida) dink aan die kleinste detail. Sy weet dat klein kinders nie alleen in 'n kamer slaap nie en het aangebied om vir ons 'n los matras te gee om die "rondslaap" te vergemaklik. Daar was ook suigstokkies vir die kinders (waar die groot mense die gewone "welkom" sjokolade gekry het ). Die bonus was egter 2 kratte vol lego's wat sy vir ons gegee het om mee te speel. Dassenheuwel is 'n plaas waarop hard gewerk word. Die boer, Kobus, het ons die hele plaas gaan wys en dit was fassinerend vir ons as plaasjapies om te hoor hoe dinge werk. Ons was daar in Maart en dit is wanneer al die lammetjies en kalfies gebore word. Ander tye soos Desember sal die plaas weer anders lyk, want dan is die lande vol koring en granola. Agter die huis is daar 'n tuin met omtrent 10 skilpaaie en hoenders - ook 'n treffer vir my kleuters. Die huis is baie gemaklik. Ruim en luuks. Daar is 2 kamers - 'n dubbelbed in die een kamer en die 2de kamer (die een verder van die TV - so goed vir kinders wat vroeg gaan slaap) het 3 enkelbeddens in. Daar is 'n groot eetkamertafel, maar ons het die lekkerste op die stoep gesit. Die ander trekpleister van die plaas, is dat dit ook baie naby aan Riebeek Kasteel is as jy lus is vir wyn of olyfproe, en ons het selfs eendag Paarl se kant toe gegaan en daar op 'n wynplaas gekuier. So as jy 'n rustige omgewing soek, 'n ruim luukse huis wil hê, maar tog so nou en dan na 'n goeie restaurant toe wil gaan - is Dassenheuwel die plek vir jou!

Nadia M - Des 2013
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Nadia M
Gesin met klein kinders

Baie geniet.

Die huis is baie netjies en gerieflik ingerig. Dis baie rustig! Ons en ons 3-jarige kon heerlik ontspan. Kobus en Lida is baie gasvry.

Neil F - Nov 2013
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Neil F
Gesin met klein kinders

Werklik baie geniet! Lida en Kobus se gasvryheid was fantasties.

'n Pragtige omgewing, vriendelike mense en goeie ligging naby interessante dorpe en wynplase. Ons het ons verblyf regtig baie geniet en het lekker uitgerus, asook die omgewing verken. Ons sal verseker weer oorbly indien die geleentheid homself voordoen.

Vanaf R1 050
R1 050 R893
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 050
R1 050 R893
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 050
R1 050 R893
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dassenheuwel, Malmesbury, 7299, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf59d33f6e6d2ddb5659d14138567d2260cd8baaf8edb6814621197ebed86cd78758c7d52ba9d615ac4f48d2e22ae050d7a9d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 050, nou Vanaf R893  per nag(plek vir 2) 47 5 1 5 Dassenheuwel Malmesbury 7299 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-20:00 10:00 -33.465102268645 18.870584964752
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!