DCS Self-catering Accommodation Cape Gate

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

DCS Self-catering Accommodation Cape Gate is ’n moderne woonstel op die grondverdieping en is in ’n veilige landgoed in Durbanville geleë. Die landgoed is 400 m vanaf Cape Gate Mall, Makro en die Cape Gate Hospitaal en Curro Durbanville is minder as 1 km ver.

Dié ruim woonstel het 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het ’n koningingrootte-bed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer beskik oor ’n stort, toilet en wasbak. Die oopplan-kombuis is goed toegerus met ’n yskas, mikrogolf, oond en stoof en ketel.

Die sitarea langsaan het ’n TV met DStv (Gasvryheidspakket) en gratis WiFi is beskikbaar. Die leefarea lei na ’n ruim onderdak-kuierarea wat ’n ingeboude braai en meubels het.

Daar is ’n enkelmotorhuis en direkte toegang tot die woonstel met ekstra parkeerplek voor die eenheid vir nog ’n motor. Die landgoed beskik oor 24 uur-sekuriteit met patrollies, kameras en elektriese omheining. Die eenheid is ook reg langs die dam geleë wat eende en voëls het.

Slaapplek

'n Bespreking by DCS Self-catering Accommodation Cape Gate sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na DCS Self-catering Accommodation Cape Gate gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 745 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za