DCS Self Catering Accommodation Stellenberg Durbanville

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

DCS Self Catering Accommodation Stellenberg is 'n smaakvolle, goed ingerigte, ruim en moderne kothuis wat in Stellenberg, Durbanville geleë is. Dis ‘n goeie, stil en veilige area sowat 1km van die baie populêre Tygervalleisentrum af. Die kothuis het gemaklike slaapplek vir drie gaste en is na aan die N1-hoofweg asook die Willowbridge Mall, sowel as die Canal Walk Winkelsentrum, Kaapstad Internasionale Lughawe en verskeie besienswaardighede in die omgewing. Dis die ideale verblyf vir plaaslike besoekers, toeriste en sakereisigers.

Die kothuis het een groot slaapkamer met 'n dubbelbed. Die moderne badkamer beskik oor 'n stort, wasbak en toilet. Die kombuis en leefarea is oopplan en ruim en die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorggebruik. Die sitkamer het gemaklike rusbanke, lugversorging asook 'n TV met 'n DSTV-gasvryheidspakket. Gaste kan gerus gebruik maak van die braaigeriewe.

DCS Self Catering Accommodation bied ook 'n veilige skadu-parkeerplek vir een motor agter ‘n geslote hek. Ons is ook baie na aan die Tygervallei Mall, Willowbridge, Tygervallei Inter-Care Rehabilitasie Mediese Fasiliteit, 4 privaathospitale (Panorama, Louis Leipoldt, Durbanville en Cape Gate), Nuweland Rugbystadion, Bellville Gholfklub, Durbanville Resiesbaan, Cool Runnings Toboggan-baan en die Grand West Casino.

Slaapplek

'n Bespreking by DCS Self Catering Accommodation Stellenberg Durbanville sluit in:

1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Internet
  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na DCS Self Catering Accommodation Stellenberg Durbanville gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 270 per nag (vir 3 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za