De Hoop Victorian Farm House and Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

De Hoop Victorian Farm House and Cottage bied gerieflike selfsorg-eenhede in Greyton.

Gaste kan die De Hoop Victoriaanse Plaashuis met slaapplek vir 10 gaste of die De Hoop Kothuis met slaapplek vir 4 gaste bespreek. Die De Hoop Victoriaanse Plaashuis beskik oor 5 slaapkamers met koninggrootte- en koningingrootte-beddens en 4 en suite-badkamers. Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf en 'n yskas toegerus en daar is ook 'n eetarea. Die sitkamer het 'n TV met DStv en 'n kaggel en die leefarea lei na die stoep met braaigeriewe.

Die dubbelverdiepingkothuis beskik oor 2 slaapkamers met lugversorging en 1 badkamer met 'n bad en 'n stort. Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf en 'n yskas toegerus en daar is ook 'n eetarea. Die sitarea het 'n TV met DStv en 'n kaggel en die leefarea lei na die stoep met braaigeriewe.

Albei die plaashuis en die kothuis het 'n houtvuur-warmbad en hout is op versoek beskikbaar. Let asb. daarop dat die beskikbaarheid van die warmbaddens van waterbeperkings afhang.

De Hoop Victorian Farm House and Cottage is 400 m vanaf die middedorp met verskeie restaurante, plaaslike geskenkewinkels, galerye en die Saterdagoggendmarkie. Greyton bied verskeie doendinge, soos stap-, voetslaan-, 4x4- en bergfietsroetes, asook voëlkyk. Gaste kan ook verskeie historiese geboue, soos die St. Andrews-kerk, die Poshuis en ander besoek.

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na De Hoop Victorian Farm House And Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 950 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za