Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

De Hoop Village Cottages

Selfsorg
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 54 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: De Hoop Natuurreservaat, De Hoop, 7280, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 514 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

De Hoop Village Cottages bied gerieflike verblyf in 9 selfsorgkothuise in die De Hoop Natuurreservaat. Die kothuise is goed ingerig en vol deel van die Opstal-area wat naby die kantore, restaurant, kroeg, en geskenkwinkel is. Gaste kan ry, voetslaan of fietsry na besienswaardighede in die reservaat.

Dié kothuise is wit vissershuisies wat tipies is van die Weskus se boustyl en is die ideale plek vir 'n wegbreek saam met vriende en familie. Elke kothuis beskik oor 3 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea. Elke kothuis het 'n ketel, broodrooster, mikrogolf, yskas-vrieskas, oond, stoof, breekware, eetgerei, kookgerei en braaigerei. Opwasseep en 'n sponsie word voorsien. Ander geriewe sluit linne, hangers, badhanddoeke, seep, handeseep, sjampoe, opknapper, lyfseep en lyfroom in.

Die De Hoop Natuurreservaat bied see, sandduine, vleiland, blommeprag, raar fynbosspesies, verskeie bokspesies en die Potberge. Voëlkykentoesiaste kan waadvoëls aan die oewer van die vlei gewaar en die Potberg is die tuiste van 'n kolonie bedreigde kransaasvoëls. Gaste wat op die reservaat voetslaan of fietsry staan 'n kans om bontebokke, die Kaapse bergkwagga, elande, bobbejane en volstruise te gewaar. Daar is 'n dagroete oor die welige fynbosvlaktes of langs die verlate kuslyn, bergfietsroetes al langs verskeie grondpaaie, asook wildritte deur die pragtige landskap. Kom ontspan op die strand en snorkel in die turkoois rotspoele. Daar is ook 'n tennisbaan, 'n swembad en 'n rolbalbaan in die reservaat.

Binne seisoentyd is Suidelike Noordkappers te sien. De Hoop Natuurreservaat is 'n marinereservaat en Wêrelderfenisgebied en is dus 'n veilige hawe vir dié spesie waar gaste hulle ook van die land af kan sien. Walvisseisoen is vanaf Mei tot November. Die Fig Tree Restaurant is op die perseel en is daagliks oop. De Hoop Weddings, en geriewe vir spanbou en konferensies, is ook beskikbaar.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Wynkelder
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee

Konferensiegeriewe

  • Blaaibord
  • Witborde
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 3 resensies vir De Hoop Village Cottages
Netheid
5.0/5
Diens
4.7/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.7/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.7/5

Nicola Geverifieer

Eiendomme 9

Resensies 6

Jaar gelys 9

Ligging

  • De Hoop Natuurreservaat, De Hoop, 7280, Wes-Kaap
  • Gaste dink De Hoop Village Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Overberg Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R2 514
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R2 514
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 54 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: De Hoop Natuurreservaat, De Hoop, 7280, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA77722c63a0f37b04ba4b5ea7b19114c161f2ad5d81e0e3784ebd4d97e39e22512b18482b79868d1ee37e89284510f2f2c653?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 514 per nag, vir 2 mense 3 5 1 5 De Hoop Nature Reserve De Hoop 7280 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.455089780388 20.399089495701
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem