De Keurboom Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

De Keurboom Guesthouse is 'n luukse, ruim selfsorg-gastehuis in Kaapstad se Noordelike Voorstede. Ons bied plattelandse rustigheid naby die middestad en al die bekendste besienswaardighede. Sakereisigers en vakansiegangers sal mal wees oor De Keurboom Guesthouse se puik, gerieflike verblyf, privaat omgewing en bekostigbare tariewe.

Elke selfsorg-eenheid het 'n hoofslaapkamer met 'n digitale kluis, paneelverwarmer en 'n en suite-badkamer. Die 2 ander kamers beskik elkeen oor 2 enkelbeddens en deel die tweede badkamer. Al die beddens is oorgetrek met puik, wit linne en donsveer-duvets. Elke slaapkamer het 'n plafonwaaier en 'n olieverwarmer. Die oopplan-leefarea met sy binnebraai en aansluitende stoep met pergola en tuinmeubels is gemáák vir lekker kuiers. Die sitkamer het genoeg sitplek, 'n paneelverwarmer, plafonwaaier, en satelliet-TV. Die kombuis is ten volle toegerus met 'n stoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware. Elke eenheid het 'n toesluitmotorhuis vir 1 motor. En ons het ook 'n klein biblioteek bygevoeg vir jou gerief.

Kuilsrivier word beskou as die poort tot die Wes-Kaap se Wynroete en dit is ideaal vir besoekers wat die ganse Kaapse metropool wil besoek. Bottelary en Stellenbosch se wynroetes bied uitstekende wynproe-plekke, restaurante en teetuine. Gholfliefhebbers sal ook mal wees oor die feit dat Kuilsrivier Gholfklub naby die gastehuis geleë is.

Van die nabygeleë besienswaardighede sluit Willowbridge Lifestyle Centre, Tygervallei-sentrum, Cape Gate, Mangwanani-spa en Grand West Casino in so daar is legio restaurante om van te kies en te keur. De Keurboom Guesthouse is ook lekker na aan Zevenwacht Wine Estate en Langverwacht met hul pragtige troulokale.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Reisigerstjeks
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na De Keurboom Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 650 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]