De Kraal Tent Accommodation

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

De Kraal Tent Accommodation is sowat 4,2 km buite Oudtshoorn geleë, op die pad wat na die Kangogrotte lei. Ons bied verblyf in 2 safari-tente, elk opgeslaan op 'n dek met die mooiste uitsigte van die omgewing.

Daar is 2 tente, 1 met 'n dubbelbed en die ander met 2 enkelbeddens. Elke tent het 'n privaat stort (met gaswarmwatersilinder) en spoeltoilet. Daar is 'n buite-braai asook 'n gasstoof beskikbaar. Die ligte werk met sonkrag. Daar is geen elektrisiteit nie. Die kombuis is ten volle toegerus met 'n yskas. Beddegoed en handdoeke word verskaf.

Die tente word apart uitverhuur, en sal nie deur 2 groepe terselfdertyd gebruik word nie. Dit verseker dat gaste uiterste privaatheid sal geniet.

Ons bied spesiale tariewe vir rugsakreisigers!
'n Pendeldiens is beskikbaar. Ons bied ook motorhuur saam met die verblyf. Beddegoed en handdoeke word nie ingesluit by die rugsakreisigerstarief nie. Daar is staanplekke indien jy jou eie tent bring.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na De Kraal Tent Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za