De Luna

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

De Luna is 'n selfsorgwoonstel in die Horizon Bay-kompleks wat oor die Atlantiese Oseaan, die skadubeeld van Tafelberg, Kaapstad en die pragtige witsandstrande van Bloubergstrand uitkyk.

Die woonstel bied slaapplek vir 4 gaste en het 2 dubbelslaapkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die kombuis is volledig toegerus met selfsorggeriewe soos 'n stoof, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Die eetarea het sitplek vir 6 mense en die sitkamer het 'n gemaklike sitkamer-suite en 'n platskerm-TV.

Die leefarea lei na 'n lieflike patio met buitemeubels en gasbraaigeriewe. Gaste kan ook die beeldskone sonsondergange in Bloubergstrand van hier af geniet.

Bloubergstrand bied 'n ongelooflike uitsig op Tafelberg en is die perfekte plek vir diegene wat Kaapstad en die omliggende omgewing wil besoek en verken. Die goue strand is lekker vir watersport, soos seilplankry en vlieërbranderry en jy kan ook vierwielmotorfietsry, voetslaan, inkopies doen en uiteet.

Slaapplek

'n Bespreking by De Luna sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na De Luna gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 400 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za