Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

De Meule Farmstay

Selfsorg

Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.

Prys sluit in
Selfsorg
Breekskadedeposito

'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R1000 moet direk aan die eiendom betaal word.

Huisreëls

Veiligheid: Ons is 'n gesinsvriendelik eiendom en hoop die kinders geniet die plaas. Kinders moet te alle tye deur 'n volwassene onder toesig wees en ouers is verantwoordelik vir hul kinders se veiligheid. Wees asb. ekstra waaksaam rondom die swembad, dam en balkon.

Skade: In die geval waar iets stukkend of beskadig word, laat weet ons asb. Indien skade of ekstra skoonmaak die waarde van die sekuriteitsdeposito oorskry, sal die koste wat aangegaan word aan die gas gehef word.

Besoekers: Klein byeenkomste word toegelaat, mits reëlings vooraf getref is. Enige bykomende oornagbesoekers sal aan ons tariewe onderhewig wees. Dit is die verantwoordelikheid van die gas wat bespreek het om te verseker dat die besoekers ook by die huisreëls hou.

Troeteldiere: Troeteldiere is welkom. Gaste is verantwoordelik vir die skoonmaak agter hul troeteldiere. Ons vra ook vriendelik dat die diere nie op die meubels of die beddens toegelaat word nie. Nie meer as 2 honde per bespreking nie.

Rook: Gaste moet asb. buite rook. Gooi die sigaretstompies in asbakkies weg en wees bedag daarop om veldbrande te voorkom as jy op die plaas rondloop.

Geraas: Wees asb. respekvol en probeer geraas tussen 23:00- 8:00 vermy.

Elektriese toestelle: Maak asb. seker dat jy ligte, elektriese toestelle, verwarming of lugversorging, afskakel voordat jy uitgaan. Die ondervloerse verhittingstelsel gebruik 'n aansienlike hoeveelheid elektrisiteit, indien u daarvan gebruk wil maak, sal dit apart gefaktureer word. Die plaas se besproeiingstelsel is kompleks, moet asb. nie daarmee peuter nie.

Sekuriteit: Prins Albert is baie veilig maar moet asb. nie vergeet om vensters toe te maak en die deure te sluit wanneer jy die huis verlaat nie. Maak asb. seker dat die hek te alle tye gesluit is.

Sleutels: Moet nie dat die huissleutels verlore raak nie. 'n Vervangingsfooi sal aan die gas se rekening gehef word.

Indien gaste nie by die huisreëls hou nie, behou ons die reg voor om te versoek dat hulle die eiendom verlaat.

Kansellasiebeleid
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Meer as 2 weke voor die inkloktyd 25%van die deposito word terugbetaal
Minder as 2 weke voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal
Vanaf
R4 650
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R4 650
per nag (plek vir 10)
Vanaf
R4 650
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Christina De Witt-straat 5, Prins Albert, 6930, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA96bb1d00b603a2dab0debfa82941d5be383498edfa8f322814dfc0ef23b3c5eb989a66983391efaf1808c81311d8f12ead30?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 650 per nag (plek vir 10) 4 5 1 5 5 Christina De Witt Street Prince Albert 6930 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -33.244075083813 22.034107451948
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem