De Oude Meul Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 20 % af

Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

de Oude Meul Guest House se deure het in 1996 oopgemaak in die hartjie van Stellenbosch, stapafstand vanaf restaurante, galerye, Universiteit Stellenbosch-kampus en Coetzenburg Stadion.

Ons het 6 kamers met lugversorging en 'n privaat koffiewinkel. Gaste het ook toegang tot gratis parkeerplek en daar is komplimentêre WiFi. Elke kamer is smaakvol versier en het 'n en suite-badkamer, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n TV met M-Net. Van die kamers het ook kombuisies en balkonne.

Ontbyt is ingesluit en word bedien in ons koffiewinkel op die onderste verdieping. Gaste kan ook fietse huur om die historiese plekke en monumente in die dorpie te verken. Die wynplase is maklik bereikbaar en ons is meer as bereid om wyntoere, doendinge en vervoer vir jou te reël. Kaapstad Internasionale Lughawe is net 30 km van de Oude Meul Guest House en 'n pendeldiens is beskikbaar op versoek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Begeleide Wandelpaaie

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na De Oude Meul Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 190 R952 per nag (vir 2 mense)

Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za