De Stalle Self-catering Accommodation

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

De Stalle Self-catering Accommodation is in Moorreesburg geleë. Besienswaardighede in die omliggende omgewing sluit Moorreesburg Gholflandgoed, Misverstanddam, Club Elani, wynlandgoedere en Hopefield Privaat Natuurreservaat in.

Koringberg (stap- en bergfietsroetes), Riebeek-Kasteel en -Wes (druiwe, wyn, olywe) asook Mother City Skydiving is 'n moet. Baie mooi gholfbaan ideaal vir funksies en vele meer. Hier is baie besigheid wat jy buite die stad se gejaag kan doen, alles is sentraal. Gym, spinning, tennis, muurbal, goeie skole, rustige leefstyl en nog vele meer. Die enigste koringmuseum is ook hier geleë.

Verblyf bestaan uit 8 slaapkamers. Die "deluxe"-kamers het koningingrootte-beddens, en suite-badkamers met baddens en storte en privaat areas. Elke kamer het 'n yskas, mikrogolf en TV met DStv. Een van die deluxe-kamers is ideaal ingerig vir 'n bruid om reg te maak vir die groot dag.

Die prestige-kamers het dubbelbeddens en en suite-badkamers met storte. Elke kamer het 'n ketel, yskas, mikrogolf en TV. Ander geriewe sluit gratis WiFi, veilige parkeerplek, De Stal Restaurant, haar- en skoonheidsalon in.

Die perseel het ook 'n onderdak-braaiplek waar 'n groep lekker kan saam kuier. Die verblyf is ideaal vir sakereisigers wat die omgewing besoek of in die omgewing werk, want daar is 'n wassery en haarsalon op die perseel. Verder is daar 'n koffiewinkel/deli vir ontbyt en middagete, en aandete kan op versoek gereël word. Ons het ook 'n haar- en skoonheidsalon en 'n wasgoeddiens.

Die ligging is ideaal en baie sentraal, en al die nodige dienste is beskikbaar om gerieflik te bly. Die beddens en linne is van hoogstaande gehalte. Moorreesburg is die hart van die Swartland en is baie sentraal en ideaal vir 'n lekker wegbreek. Die dorp het lekker restaurante, pragtige trou-venues, een van die grootste landbouskole, koringmuseum en nog vele meer. Koringberg is hier naby vir voetslaan saam met die gesin. Ons is maklik bereikbaar vanaf Kaapstad se lughawe en gerieflik geleë vir diegene wat noordwaarts reis.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Skoonheidskliniek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Televisie

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na De Stalle Self-catering Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R980 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za