LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by De Stijl Gariep Hotel | LekkeSlaap
+7

De Stijl Gariep Hotel

Hotel
  • Kapasiteit: 146 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Aasvoëlstraat 2, Gariepdam, 9922 , Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 010 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Die Gariep Dam strek so ver as wat die oog kan sien en word omring deur die Karoo se skoonheid. De Stijl Gariep Hotel is hier geleë. Kom geniet wonderlike Afrika-sonsondergange en slaap in stilte onder die Suiderkruis. Die hotel bied gerief en luuksheid.

Dié hotel beskik oor 41 stylvolle, luukse en gerieflike kamers. Daar is ook 'n luukse swembad, à la carte-restaurant, spa-geriewe en geriewe vir klein troeteldiere. Die kamers bied toegang vir gestremdes en is ook kindervriendelik. Die atmosfeer is ontspanne en ideaal vir langnaweke, wegbreke, konferensies, ander funksies en troues.

Gaste wat hou van motorfietsry, sweef, fietsry, hardloop en bootvaarte, is welkom om hier te bly onderweg na kompetisies en vergaderings. Ander doendinge in die omgewing sluit Boere-oorlogplekke, riviervlotvaart, kajak, bootvaart, perdry, abseil en watersport in. Dit word alles deur ervare en opgeleide avontuurmaatskappye aangebied. Die hotel word ook omring deur 3 natuurreservate wat ideaal is vir skemer-wildritte en -wildkyk.

By De Stijl, every word moeite gedoen om gaste se verblyf gerieflik te maak. Spesiale dienste sluit 'n baba-diens, bababad, kot, hoë stoeltjies en oppasserdiens in. Geriewe vir gestremde gaste sluit 2 volledig toegeruste kamers, toegang tot die Mondrian Restaurant en ontvangsarea in. Troeteldiere is welkom as hulle kleiner as kniehoogte is en 'n troeteldierpakkie met 'n water- en kosbak, asook 'n slaapmandjie word voorsien. Selfsorg-eenhede is volledig toegerus. Gaste wat op wittebrood is kry spesiale behandeling, doen asb. navraag tydens bespreking. Voorraad kan op versoek in die kroegie geplaas word, vervoer van en na Bloemfontein kan op versoek gereël word vir inkopies, lughawe en ander doendinge. Doendinge in die Gariep-omgewing kan by ontvangs gereël word.

Op die N1, halfpad tussen Kaapstad en Gauteng en net 180 km vanaf Bloemfontein, De Stijl Gariep Hotel is ideaal geleë om gaste se reis meer draaglik te maak.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Troeteldiere indien gereël
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • 24-uur Ontvangs
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Nagportier
  • Troeteldiere indien gereël
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik
  • Wynkelder
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete
  • Tee

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Dataprojektor
  • DVD-speler
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Internet
  • Televisie
  • Videospeler
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Reisigerstjeks
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 116 resensies vir De Stijl Gariep Hotel
Netheid
4.3/5
Diens
4.1/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
3.7/5

Ligging

  • Aasvoëlstraat 2, Gariepdam, 9922 , Vrystaat
  • Gaste dink De Stijl Gariep Hotel het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Gariepdam Vrystaat
Vanaf R2 010
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R2 010
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 146 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Aasvoëlstraat 2, Gariepdam, 9922 , Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGNhYWZkYWZlLTVhNmUtNDI5Yy1hYTRkLWU2OWE3M2Q3NDBiZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 010  per nag (vir 2 persone) 116 5 1 5 2 Aasvoel Street Gariep Dam 9922 Vrystaat 086 999 0018 14:00-22:00 10:00 -30.60009387355 25.499053001404
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!