De Ware Jacob
-
Voorkeurvennoot
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Titus-draai 1, Jacobsbaai, Vredenburg, 7380, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 18
- Vanaf R850 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
De Ware Jacob bied 4 privaat selfsorgkothuise wat luuks en ten volle toegerus is. Elke kothuis kan die swembad en Jacuzzi in die gemeenskaplike areas gebruik teen geen ekstra koste. Luukse Kothuise B & D het hulle eie houtvuurwarmbaddens, teen geen ekstra koste.
Die kothuise is op 'n 2,4 hektaar-kleinhoewe wat bedek is met fynbos. Die natuurlike kombinasie van plat-op-die-aarde Weskusstyl en tikkie luuksheid maak van hierdie kothuisie iets spesiaals. Dis net 5 minute se stap, dan kan jy jou voete in die see sit.
Elke kamer het 'n dubbelbed wat oorgetrek is met wit linne, en elektriese kombersies en daar is badhanddoeke. Die kaggels binne en buite waarborg snoesige kuier-aande in enige weersomstandighede. Dit is dus die perfekte uitspanplek vir groepe en gesinne.
Jacobsbaai se klein, stil inhamme en reuse branders wat teen die ruwe rotse al langs die wit strand breek, hou iets vir almal in. Tydens die lente is die hele omgewing oortrek van die veldblomme.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Wynkelder
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Titus-draai 1, Jacobsbaai, Vredenburg, 7380, Wes-Kaap
- Gaste dink De Ware Jacob het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Jacobsbaai Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Titus-draai 1, Jacobsbaai, Vredenburg, 7380, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 18