De Zeekoe Guest Farm
Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Geldig vanaf 11 Jan 2021 tot 30 Apr 2021.
- Kapasiteit: 52 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 10 km buite Oudtshoorn langs die R328, Zeekoegat, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R1 360R907 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
De Zeekoe Guest Farm is sowat 10 km buite Oudtshoorn op die Tuinroete geleë. Die plaas word omring deur die Swartberge en Outeniekwaberge wat 'n verskeidenheid besienswaardighede, soos volstruisplase, Roete 62, die Kangogrotte, watervalle en museums insluit.
Verblyf word in 21 gastekamers, 3 klipkothuise en 1 herehuis wat ideaal is vir gesinne aangebied. Elke eenheid het koffie- en teemaakgeriewe, 'n waaier, japonne, 'n yskassie, haardroër, kluis en gratis WiFi. Daar is lugversorging in sommige van die kamers.
Die gasteplaas spog met 'n swembad, huurfietse, 'n kuriowinkel en 'n spa wat masserings, gesigbehandelings en meer bied. Die restaurant, De Windpomp Restaurant, bied eenvoudige, dog smullekker maaltye wat met plaaslike bestanddele, vars plaasprodukte en plaasvleis voorberei word. 'n Kroeg is ook vir gaste beskikbaar.
'n Paar van die doendinge op die plaas sluit visvang met eie toerusting, voetslaan, voëlkyk met meer as 162 spesies, kanovaart, staproetes, sterrekyk en fietsry in. Toere kan gereël word om saam met wilde meerkatte te stap en deel van die Skaam 5-ervaring te wees. Let asb. op dat die beginpunt vir dié toere sowat 16 km vanaf die hoofhuis is en dat gaste self soontoe moet ry. Let asb. ook op dat daar 'n droogte in die area is en dat die mere tans nie water het nie.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Rolstoelvriendelik
- Wynkelder
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
- Ontbyt
- Aandete
- Aandete Op Versoek
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Tee
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Witborde
- Kantoorgeriewe
- Rekenaar Netwerklewering
- Internet
- Skuifie-projektor
- Plek vir tot 50 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- 10 km buite Oudtshoorn langs die R328, Zeekoegat, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
- Gaste dink De Zeekoe Guest Farm het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Oudtshoorn Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 52 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 10 km buite Oudtshoorn langs die R328, Zeekoegat, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom