Delahilcremat

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Delahilcremat bied 2 verblyfopsies op die eienaar se perseel in Glencairn geleë, sowat 3 km buite Simonstad. Die instansie is naby die nuwe Harbour Bay-sentrum, die strand, getypoele en 'n hele klomp restaurante en koffiewinkels.

Elke suite het slaapplek vir 2 gaste elk en beskik oor 'n oopplan-eenheid met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die Luukse Dek-suite en Die Patio-suite kan saam bespreek om ’n vierslaapkamer-eenheid met ’n skakeldeur te vorm, indien beide beskikbaar is.

Daar is geriewe soos 'n mikrogolfoond, yskas en koffie- en teemaakgeriewe in die kombuisie. Daar is 'n braai-area op die stoep onder die suites waarvan gaste op versoek gebruik kan maak. Die suites is aan die bokant van die perseel geleë en aparte van die hoofhuis met parkeerplek reg langs die suites. Die suites het onbelemmerde uitsigte oor Valsbaai, die Hottentots-Hollandberge, die Simonstad-seiljagklub en -hawe.

Harbour Bay is 500 meter weg en het restaurante soos Cattle Baron, Saveur, The Raj, Blue Door Coffee en Waffle Hut. Daar is ook winkels soos 'n Woolworths, Pick n Pay en Clicks. Daar gaan ook binnekort 'n hospitaal en spreekkamers op die perseel wees. Ons kan fietsverhuur, bootritte, roeiski, duik, haaihokduik, wynproe en restaurante aanbiedinge. Kontak ons vooraf om jou reisplanne te vergemaklik.

Daar is verskeie besienswaardighede in die area soos getypoele en strande is onderskeidelik 200 m en 1 km vanaf die suites. Simonstad is ook baie naby. Binne 'n 30 km-radius is Boulders Beach, Kaappunt, Scarborough, Kommetjie, Long Beach, Noordhoek, Chapmanspiek, Kalkbaai en Muizenberg.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Delahilcremat gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R810 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za