Delicious Monster and SterJasmyn

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Delicious Monster and SterJasmyn is 2 knus selfsorg-eenhede in Nelspruit.

Die Delicious Monster-eenheid is agter in die erf geleë met sy eie klein tuintjie. Dit bied slaapplek vir 4 gaste en het 'n slaapkamer en 'n badkamer met 'n stort. Die kombuis is toegerus vir selfsorg en daar is ook 'n sitkamer met 'n TV.

Die ruim SterJasmyn-eenheid het 'n privaat tuin en slaapplek vir 6 gaste. Daar is 'n privaat slaapkamer met 'n badkamer met 'n stort. Die kombuis is toegerus vir selfsorg en gaste kan in die sitkamer ontspan.

WiFi en braaigeriewe is beskikbaar en daar is parkeerplek agter 'n spitspaalheining.

Delicious Monster is op dieselfde perseel as SterJasmyn en dis net 200 m vanaf die Innibos-feesterrein. Nelspruit bied 'n rits restaurante en winkelsentrums, en gaste kan gerus die bergfiets- en voetslaanroetes in die omgewing aandurf. Besienswaardighede sluit Chimpanzee Eden, Emnotweni Kasino, Sudwala Dinosouruspark, Laeveld Botaniese Tuin en vele meer in.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Delicious Monster And SterJasmyn gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za