Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

De Akker Cottages

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas Akkerboom, Friersdale, Keimoes, 8860, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

De Akker Cottages bied gasteverblyf op 'n rosyntjieplaas, 14 km vanaf Keimoes en slegs 60 km vanaf die Augrabieswaterval in die Noord-Kaap. Hierdie eenhede bied gerieflike slaapplek vir 2 tot 4 gaste, en 'n stoep en lapa met uitsigte oor die wingerd.

Die Akker het 'n slaapkamer wat 'n koninggrootte-bed met wit linne het en 'n slaapbank vir nog 2 gaste. Die en suite-badkamer is ruim en het 'n bad en 'n stort. Handdoeke word voorsien. Die oopplan-leefarea het 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n goed toegeruste kombuis en 'n klein etenstafel met stoele. Indien gaste dit so verkies, kan 'n heerlike ontbyt op die stoep bedien word. Tuisgemaakte beskuit, tee en koffie is in die kamer beskikbaar.

Amani het 'n koningingrootte-bed met wit linne en 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Ander geriewe sluit 'n TV, 'n mikrogolfoond en 'n kaggel in. Die eenheid het 'n stoep vanwaar gaste die pragtige uitsig met 'n skemerkelkie of 'n koppie koffie kan geniet.

Mitat beskik oor 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word en het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die kombuis is met 'n yskas, mikrogolf, oond en 'n stoof toegerus. Verder is daar 'n sitarea, eetarea, kaggel, privaat swembad en tee- en koffiemaakgeriewe.

Gaste het toegang tot die swembad, 'n braai-area met vuurmaakhout, 'n lapa met 'n uitsig oor die wingerd, en veilige parkeerplek.

Gaste kan die nabygeleë Akkerboom Plaasstal besoek wat 'n verskeidenheid droëvrugte, druiwe, gewilde lamspastei en groenvytert verkoop, of 'n bespreking maak en 'n ontspannende massering of 'n skoonheidsbehandeling by die Bella Rosa Beauty Salon geniet. Gaste kan ook by die Oranjerivier-kelders wynproe, of by die plaaslike rivier gaan visvang en die kokerboomkwekery besoek.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 109 resensies vir De Akker Cottages
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Trudie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 109

Jaar gelys 9

Ligging

  • Plaas Akkerboom, Friersdale, Keimoes, 8860, Noord-Kaap
  • Gaste dink De Akker Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas Akkerboom, Friersdale, Keimoes, 8860, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcc9e134c87af7a89ca27058aa8fd2b454d923918843c841fcbf88beb03e11d16e64163556904173eebf8d0c601cb4cfa78cf?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense 109 5 1 5 Farm Akkerboom Friersdale 8860 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.747862756507 20.829989612103
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem