Die Appel & Ui Gastehuis
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Libertasstraat 134, Noordheuwel, Krugersdorp, 1739, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R600 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Die Appel & Ui Gastehuis is op die pragtige heuwels van Noordheuwel, Krugersdorp geleë en bied die ideale sakpasverblyf aan sakereisigers of vakansiegangers.
Verblyf is beskikbaar in 3 en suite-eenhede. Twee eenhede het 2 driekwartbeddens elk en een eenheid het 'n koningingrootte-bed, elke eenheid het 'n privaat ingang en en suite-badkamer. Die eenhede het ook elk 'n waaier en 'n kombuisie wat met 'n mikrogolf, yskassie, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Verder is daar 'n TV en WiFi in elke kamer. Wit handdoeke en gehaltelinne word voorsien.
Die Olyfeenheid het selfsorggeriewe en die Appel- en Ui-eenhede het slegs verhit-en-eetgeriewe.
Daar is veilige onderdakparkeerplek en elke eenheid het ’n afstandbeheer vir die elektriese hek. Die perseel is volledig ommuur en het genoeg beligting sodat gaste veilig voel indien hulle in die nag terugkeer.
Die gastehuis is naby verskeie winkelsentrums, insluitende Keywest en Cradlestone, is 7 km vanaf Silverstar Casino, 10 km van die Wieg van die Mensdom, en 27 km vanaf Lanseria Internasionale Lughawe geleë.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Tee
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Libertasstraat 134, Noordheuwel, Krugersdorp, 1739, Gauteng
- Gaste dink Die Appel & Ui Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Noordheuwel Wes-Rand Krugersdorp Johannesburg Gauteng
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Libertasstraat 134, Noordheuwel, Krugersdorp, 1739, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom